Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok Taute word Leicester Tiger
Jaco Taute in aksie vir Munster. Foto: Getty Images

Jaco Taute, voormalige Springbok-agterspeler, gaan aanstaande seisoen vir die Engelse klubspan die Leicester Tigers uitdraf.

Die 28-jarige boorling van Springs aan die Oos-Rand het die laaste paar seisoene vir die Ierse klubspan Munster uitgedraf.

Voor sy tyd in Ierland, het Taute, wat ewe tuis op senter as heelagter is, vir die Stormers en die Leeus in Suid-Afrika gespeel.

Geordan Murphy, die Tigers se breier, is in sy noppies om Taute, wat die Bokke in drie toetse verteenwoordig het, se dienste te bekom.

“Ons het Jaco se spel gevolg in die Europese kompetisie, en hy is ’n groot, fisieke speler met uitgebreide ervaring van rugby in die Suidelike Halfrond en ook Europese kompetisies,” sê Murphy op die span se webtuiste.

Taute het verskeie kere in sy loopbaan reeds las van ernstige kniebeserings gehad. – Sportredaksie

Meer oor:  Munster  |  Leicester Tigers  |  Jaco Taute
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.