Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok twiet dat Kings-breier gepos word

As die voormalige Springbok Thando Manana se inligting korrek is, word Deon Davids Woensdag as afrigter van die Southern Kings gepos.

Deon Davids. Foto: Michael Green
Thando Manana. Foto: Willemien Green

Manana het Dinsdag getwiet Davids se dae as Kings-breier is getel. Die Southern Kings-base (The Greatest Rugby Company in the Whole Wide World (Edms.) Bpk.) het volgens Manana Vrydag ’n aanbod aan Davids gemaak om te oorweeg. Hy het tot Woensdag tyd om sy besluit te maak voordat hy afgedank word.

Manana is tans die Oostelike Provinsie-Olifante se bestuurder en hy is ook die president van die Madibaz-rugbyklub. Hy het hom al in die verlede, veral teen die einde van Cheeky Watson se tyd as Kings-baas, bewys as iemand wat sy vinger op die pols van rugby in die Oos-Kaap het.

Die Kings het laat Dinsdagmiddag net ‘n bondige  verklaring uitgestuur waarin bevestig word dat die franchise “in gesprekke is” met Davids oor sy “toekomstige opsies” by die franchise .

Indien Davids wel sou bedank – dalk gedwonge – is daar ’n moontlikheid dat hy as Cheetah-breier kan aansoek doen. Met Franco Smith wat Italië se nasionale span gaan afrig, soek die Vrystaters ’n nuwe breier.

Maar dan sal Davids moet spring. Die Cheetahs het juis Dinsdag in ’n verklaring gesê Smith se opvolger moet reeds deel van die Vrystaat se Curriebeker-veldtog wees.

Meer oor:  Deon Davids  |  Kings  |  Afrigter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.