Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bok Ulengo skitter teen Griekwas

Die ietwat vergete Springbok-vleuel Jamba Ulengo het Saterdag in Bloemfontein gewys hy het nog baie rugby in hom.

Jamba Ulengo Foto: Gallo Images

Ulengo het uitgeblink in ’n Vrystaat 15-tal wat Griekwas met 38-33 in ’n oefenwedstryd gewen het.

Behalwe vir die drie wat hy gedruk het, het die 29-jarige Ulengo ’n byna seker drie van die Poubloues gekeer en veilig gelyk onder die hangskoppe wat na sy kant toe gekom het.

Brent Janse van Rensburg, Griekwas se nuwe breier, sou baie wys geword het. Die flank Sias Koen het soos gebruiklik nie weggeskram van harde werk nie, terwyl die skrumskakel, Louis Venter, ook goed agter die oond vertoon het.

Daar was tye dat Griekwas stewig in die skrums was, maar ook kere dat hulle in trurat in dié faset was.

Ernst Stapelberg, losskakel van die Vrystaters, het ’n keer of wat goeie lyne gehardloop.

* Puntemakers:

Vrystaat 15-tal 38 (21): Drieë: Otsile Ranthako (2), Jamba Ulengo, Neill Jordaan, Ali Mgijima, Tapiwa Mafura.

Doelskoppe: Ernst Stapelberg (3), Adriaan Carelse.

Griekwas 33 (26): Drieë: Louis Venter, Anthony Volmink, Warren Williams, Conway Pretorius, Eduan Keyter. Doelskoppe: George Whitehead (4).

Meer oor:  Jamba Ulengo  |  Bloemfontein  |  Griekwas  |  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.