Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bokstut (79) van WP sterf
Gert Kotzé toe hy in die jare sestig vir die Westelike Provinsie gespeel het. Foto: WP Rugby Centenary: 1883-1983

Gert Kotzé, ’n voormalige Springbok-stut van die Westelike Provinsie, is Woensdag in die ouderdom van 79 in Durbanville dood.

Kotzé het in 1967 in al vier die Bokke se toetse in die tuisreeks teen Frankryk gespeel.

Hy het sy Bok-debuut in die eerste toets op Kingspark in Durban gemaak en sy laaste toets, op sy 27ste verjaardag, op Nuweland gespeel.

Suid-Afrika het daardie reeks met 2-1 gewen. Nadat die Bokke die Durban-toets maklik met 26-3 en die tweede toets in Bloemfontein met 16-3 gewen het, het die Hane teruggeveg en op Ellispark met 19-14 geseëvier in die derde toets. Die vierde toets in Kaapstad het met 6-6 gelykop geëindig.

Kotzé, ’n boorling van Vredendal, was ook in die jare sestig lid van ’n sterk WP-span, wat spelers soos H.O. de Villiers, John Gainsford, Jannie Engelbrecht en Doug Hopwood ingesluit het.

Ná sy rugbydae het Kotzé buitemuurs aan die Universiteit Stellenbosch ’n B.Econ-graad cum laude verwerf. Hy was met sy aftrede ’n senior hoofbestuurder by Sanlam se hoofkantoor in Bellville.

– Sportredaksie

Meer oor:  Bokke  |  Springbokke  |  Wp  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.