Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-breier van Fidji nou by Force

John McKee, ’n voormalige hoofafrigter van Fidji se nasionale rugbyspan, is aangestel as hulpafrigter van die Western Force in Perth.

John McKee het Fidji voorheen gebrei. Foto: Getty Images

Dié Australiese span het Vrydag aangekondig dat McKee, ’n Nieu-Seelander van geboorte, Tim Sampson se regterhand by die Force sal wees.

McKee het die Fidjiane tussen 2014 en 2019 gebrei en het ’n groot rol gespeel om hoëprestasie-strukture in Fidji te vestig en die standaard van die nasionale span se spel te lig.

Die Force is in 2017 uit die Superrugby-reeks geskop, maar het vanjaar in die Aussies se plaaslike AU-Superreeks gespeel. Die verwagting is dat dit in 2021 weer die geval gaan wees – veral gegewe reisbeperkings wat nog vanweë die Covid-19-pandemie bestaan.

Hoewel die Force die AU-reeks segeloos afgesluit het, was hulle tog mededingend in die meeste van hul wedstryde. – Reuters

Meer oor:  Fidji  |  Force  |  Rugby  |  John Mckee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.