Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Bul Van Zyl speel vir Heyneke

Heyneke Meyer sal binnekort bevestig dat Piet van Zyl een van Stade Français se aanwinste vir volgende seisoen is.

Dié Springbok-skrumskakel het ’n eenjaarkontrak, met die opsie van ’n tweede, met Meyer se Franse klubspan gesluit.

Die 28-jarige Van Zyl het vanjaar gespeel vir die Engelse klubspan London Irish, wat uit die Premierliga gerelegeer is. London Irish het bevestig dat Van Zyl en nog ’n Bok, die flank Arno Botha, die klub verlaat het. Botha se planne is nog onbekend, maar daar is heelwat Ierse klubspanne wat belang stel in hom.

Van Zyl sal hom by Bokke soos Willem Alberts, Heinke van der Merwe en Meyer Bosman aansluit. Hy sal eers later weet of Morné Steyn sy skakelmaat in volgende seisoen se Franse Top14-liga is.

Steyn het vroeër ’n kontrak met Brive gesluit. Hulle is egter ná hul ooreenkoms met Steyn uit die Top14 gerelegeer.

Die Bok-losskakel kan dus by Stade Français aanbly as hy en Meyer se onderhandelinge suksesvol is. Daar was wel sprake dat die gewese Bok-afrigter Nicolás Sánchez as ’n skakelmaat vir Van Zyl oorweeg het, maar dit was voordat Brive gerelegeer is.

Verskeie ander plaaslike spelers het ook die afgelope tyd met oorsese klubspanne en Super-franchises onderhandel. Onder hulle tel:

  • Elton Jantjies, die Leeus se Bok-losskakel, en die Engelse klubspan Wasps kon nie ’n ooreenkoms bereik nie. Hy en die buitesenter Lionel Mapoe onderhandel nog met die Leeus om aan te bly.

Rapport verneem Japanse klubspanne oorweeg dit om hulle heeltydse kontrakte aan te bied. Hulle kan binne twee weke besluit of hulle langer vir die Leeus beskikbaar bly.

  • Nizaam Carr van die Stormers kan ná die Superreeks na die Engelse klubspan Wasps terugkeer.
  • Tier Schoeman, die baljagter van die Cheetahs, sal binnekort saam met die Blou Bulle begin sweet.
  • Allister Coetzee, die voormalige Bok-afrigter, kon nie daarin slaag om JD Schickerling of Jan de Klerk te kontrakteer nie, maar die Cheetahs se Rynier Bernardo is wel suksesvol gewerf.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.