Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Lilly Burger (9) slaan ook nou bollemakiesie
Philip en Marinda Burger saam met hul dogter Lilly (9), wat vierde in die African Union Sports Council (AUSC) se streek 5-byeenkoms geëindig het. Sy het in die o.14-afdeling deelgeneem.

Aartjie na haar vaartjie.

Net soos haar pa, ’n oud-Cheetah-rugbyspeler, slaan Lilly Burger (9) ook nou graag bollemakiesie, maar vir die Suid-Afrikaanse gimnastiek-span.

Dié kenmerkende bollemakiesie het gewoonlik gevolg wanneer Philip Burger agter die pale gaan kuier het. Hier is hy in die trui van die Franse klubspan Perpignan, vir wie hy ’n ruk gespeel het.

Die middelkind van Philip Burger, wat in 2005, 2006 en 2007 lid van die seëvierende Curriebekerspan was, het duidelik haar pa se talente geërf en dit bewys toe sy vanjaar as lid van die Suid-Afrikaanse gimnastiekspan aan die African Union Sports Council (AUSC) se streek 5-byeenkoms deelgeneem het.

Lilly het ’n vierde plek in die pre-junior-afdeling vir o.14’s vir trampolien-spring behaal.

Burger, wat die Curriebeker driemaal saam met sy Cheetah-spanmaats gelig het en ook vir die Blitsbokke sewesrugby gespeel het, sê hy is baie trots op sy dogter.

“Sy werk baie hard aan die gimnastiek en oefen doelgerig. Om op negejarige ouderdom ’n vierde plek te behaal in ’n ouderdomsgroep waar baie van die deelnemers heelwat ouer as jy is, is ’n reuse-prestasie.”

Lilly sê sy sal graag aan die Olimpiese Spele in 2024 wil deelneem. “Dit is my groot droom vir my gimnastiek.”

Sy is nie die enigste van Burger se drie dogters wat van sy talente geërf het nie.

Lilly Burger (9) het vanjaar aan die African Union Sports Council (AUSC) se streek 5-byeenkoms deelgeneem. Hier het sy ’n vierde plek in die o.14-afdeling behaal.

“My oudste, Rumé (11), is ook ’n atleet,” sê hy. Sy het haar pa se vlugvoetigheid geërf.

“Ons gesin hou daarvan om aktief te bly, en sport en buitelug-aktiwiteite is ons almal se liefde.”

Hoewel sy jongste dogter, Zylie (6), nog nie haar talent ontdek het nie, is Burger opgewonde om te sien waarin sy sal presteer.

Burger se pa, Thys, het self op sy dag in drie toetse vir die Springbokke gespeel.

Lilly Burger (9) tuimel deur die lug, byna nes haar pa, Philip, toe hy op sy dag ’n drie vir die Cheetahs gedruk het. Hier neem sy vanjaar as lid van die Suid-Afrikaanse gimnastiekspan aan die African Union Sports Council (AUSC) se streek 5-byeenkoms deel.
Meer oor:  Gimnastiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.