Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Fidjiaan maak Wallaby-debuut

Isi Naisarani is die enigste toetsgroentjie in ’n sterk Wallaby-span, wat Donderdag aangekondig is.

Die losvoorspeler Isi Naisarani sal Saterdag op Ellispark sy toetsdebuut vir die Wallabies maak. Foto: Getty Images

Dié gebore Fidjiaan, wat vir die Melbourne Rebels in die Superrugby-reeks uitgeblink het, maak Saterdag op Ellispark in die Rugbykampioenskapstoets teen die Springbokke sy debuut.

Hy sal ’n lostrio vorm saam met sy kaptein, Michael Hooper, en Lukhan Salakaia-Loto.

Die stut James Slipper, wat in 2016 laas vir die Wallabies uitgedraf het en sedertdien verskeie persoonlike probleme te bowe moes kom, is ook as loskopstut in die beginspan ingesluit.

Nog ’n Wallaby-veteraan, die skrumskakel Nic White, is die eerste keer in vier jaar in die Australiese toetsspan. Sy insluiting beteken dat die eerstekeuse-skrumskakel, Will Genia, sy 100ste toets as ’n plaasvervanger sal begin.

Hoewel hy weer vir Australië verkiesbaar is, het Michael Cheika daarteen besluit om die veelsydige James O’Connor in sy 23-tal in te sluit.

* Australië: Tom Banks, Dane Haylett-Petty, Tevita Kuridrani, Samu Kerevi, Reece Hodge, Bernard Foley, Nic White, Isi Naisarani, Michael Hooper (k), Lukhan Salakaia-Loto, Rory Arnold, Izack Rodda, Sekope Kepu, Folau Fainga’a, James Slipper. PLAASVERVANGERS: Jordan Uelese, Harry Johnson-Holmes, Taniela Tupou, Rob Simmons, Jack Dempsey, Will Genia, Matt To’omua, Kurtley Beale. – Reuters

* Saterdag se toets skop om 17:05 af.

Meer oor:  Bokke  |  Toetsrugby  |  Rugbykampioenskap  |  Springbokke  |  Wallabies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.