Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Griekwa 3 j. langer in Frankryk

Die Franse klubrugbyspan Aurillac Auvergne was so ingenome met die spel van die voormalige Griekwa-kaptein AJ Coertzen dat sy kontrak met drie jaar verleng is.

Dié 29-jarige boorling van Bethlehem in die Vrystaat, ’n veelsydige agterspeler, het in 2018 na Frankryk verhuis.

AJ Coertzen duik in 2018 vir Griekwas oor die doellyn. Foto: Gallo Images

“Ek is baie verlig dat my kontrak verleng is. Dit is deesdae baie moeiliker as in die verlede om ’n kontrak te kry. Een van die redes is dat spanne al hoe minder oorsese spelers in hul groep mag hê,” sê Coertzen.

“Dit help beslis dat ek heelagter, vleuel en buitesenter gespeel het sedert ek hier is.”

Hy vertel dat hy sy rugby by Aurillac, in die Franse tweede liga, ProD2, meer begin geniet het toe hy homself oopgestel het om nuwe dinge te leer.

“Ek het vrede gemaak daarmee dat ek nie hulle (die Franse) manier van speel kan verander nie en het eerder aangepas by wat hulle wil hê,” sê hy.

“Ek het dus hierdie seisoen baie meer geniet as my eerste en is opgewonde oor wat die volgende drie jaar inhou.”

Ook in Frankryk is rugby weens die Covid-19-pandemie op ys geplaas.

Meer oor:  Frankryk  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.