Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-GW ‘Speler van Maand’ in Frankryk

Die veelsydige agterspeler AJ Coertzen, wat deesdae sy rugby vir die Franse klub Aurillac in die Pro D2-liga (die liga net onder die Top-14) speel, is pas aangewys as die Speler van die Maand vir Augustus.

AJ Coertzen met twee jong ondersteuners in Frankryk. Foto: Facebook

Die voormalige kaptein van Griekwas is veral in sy skik met die toekenning, omdat die publiek moes stem oor wie hulle dink die beste speler is. Hy was een van agt benoemdes.

“Ek het in die eerste vier wedstryde van die seisoen wat ons gespeel het, drie drieë gedruk. Twee teen Biarritz en een teen Rouen Normandy,” laat weet die 28-jarige Coertzen.

“Dis ’n voorreg om benoem te word en om uiteindelik as Speler van die Maand aangewys te word, is ’n bonus.”

Hul seisoen het middel-Augustus begin en hy is op die oomblik tuis in sy gunsteling-posisie, heelagter. Hy het verlede jaar op buitesenter en op linkervleuel ook diens gedoen.

“Die seisoen is nog lank en ek kan nou voortbou op die wedstryde wat reeds gespeel is. Die toekenning dien ook as aansporing dat ek selfs nog beter vertoon.”

Hy sê hoewel die taal ietwat van ’n struikelblok is wanneer dit kom by kommunikasie op die veld, kom hy reg en pas hy aan. Hy het gelukkig die luukse van ’n paar Suid-Afrikaners wat daar saam met hom speel.

“Ons afrigter is ook ’n Suid-Afrikaner, André Bester, wat vir die Vrystaat en Griekwas gespeel het. Dan is hier ook nog spelers soos die oud-Vrystaatse losskakels Niel Marais en Pieter-Steyn de Wet,” sê hy.

Ander Suid-Afrikaners sluit in die flank Shaun Adendorff, wat vir die Boland en Blou Bulle gespeel het en die losvoorspeler Peet van der Walt, wat vir die SWD-Arende gespeel het voor sy heil in Frankryk gevind het.

“Ons (Suid-Afrikaners) praat Afrikaans met mekaar op die veld maar ons leer ook die taal (Frans). Die grootste uitdaging is om met almal te kan kommunikeer.”

Coertzen en sy vrou, Carlyn, ’n meermalige Suid-Afrikaanse en Afrika-driekampkampioen, het in die afseisoen by die huis kom kuier en “het natuurlik ’n bietjie gaan jag” sê hy.

Meer oor:  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.