Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-kaptein Dylan roep rugby vaarwel

’n Lastige kniebesering het Dylan Hartley, ’n voormalige kaptein van Engeland se rugbyspan, Donderdag gedwing om sy stewels te bêre.

Die 33-jarige Hartley, ’n Nieu-Seelander van geboorte, het die besering opgedoen toe hy in Desember vir sy klubspan, Northampton Saints, diens gedoen het.

Dylan Hartley tydens ’n oefening van Engeland se nasionale span. Foto: Getty Images

Weens die besering kon hy nie Engeland se groep vir die afgelope Wêreldbeker-toernooi in Japan haal nie. Hartley, wat 97 toetse vir die Rose gespeel het, het die Engelse aangevoer toe hulle in 2016 en 2017 die Sesnasies-reeks gewen het.

“Die laaste paar maande was op ’n fisieke en sielkundige vlak baie moeilik, omdat ek moes aanvaar dat ek nie langer kan speel nie,” sê Hartley.

“Ek is baie trots op die reis wat ek gehad het, met Saints en Engeland, maar nou is die regte tyd om my stewels op te hang.

“Ek het die reis wat ek met rugby gehad het baie geniet. Ek het as ’n tiener na Engeland gekom in die hoop om ’n bietjie rugby te speel en die wêreld te sien.

“Ek sou nooit kon voorspel dat ek vir 14 jaar vir so ’n spesiale klub sou speel en sou aangaan om Engeland te verteenwoordig en ook aan te voer nie,” sê Hartley. – Reuters

Meer oor:  Dylan Hartley  |  Engeland  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.