Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-kaptein Swys se raad aan Vrystaat

Nou is die tyd om te hou by die gevestigde strukture en nie onnodig daarvan af te wyk nie.

Francois Venter toe hy nog ’n sleutelspeler in die middelveld vir die Vrystaat was. Foto: Gallo Images

Dít is Francois Venter se raad aan die Vrystaat-Cheetahs voor Saterdag se belangrike Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie in Bloemfontein.

Venter was die kaptein toe die Vrystaat in 2016 die Curriebeker-reeks gewen het.

Dié 28-jarige senter, wat deesdae sy klubrugby vir die Worcester Warriors in die Engelse Premierliga speel, sê sy ou span speel vanjaar weer aantreklike hardlooprugby en moet daarby hou vir Saterdag se deurslaggewende stryd.

Volgens hom gaan dit in ’n wedstryd soos Saterdag s’n, wat albei spanne moet wen om ’n plek in die halfeindronde te beklink, belangrik wees om klinies in jou uitvoering te wees. Hy sê jou besluitneming is ook baie belangrik, want jy moet die regte oomblikke kies om kanse te waag.

Hy sê ofskoon hy nou al ’n ruk by die Vrystaat weg is, volg hy elke wedstryd wat hy kan, want dit bly vir hom lekker om Vrystaat-rugby te kyk en sy ou spanmaats se vordering dop te hou.

“Dis lekker om te sien hoe die nuwe spelers inskakel en ’n verskil maak. Ek dink die Vrystaat het baie goed begin (die Curriebeker-reeks) en ek dink nog altyd hulle speel goeie rugby. Daar is soms onnodige foute, maar dit word mettertyd reggestel.

“Ek dink ook hulle was ongelukkig in ’n paar van hul wedstryde, soos die een teen die Goue Leeus, toe goed in die tweede helfte ’n bietjie uitmekaar geval het, maar beserings kon dalk ’n rol gespeel het. As hulle hul momentum kan behou, is daar ’n baie goeie kans om tot die halfeindronde deur te dring.”

Van die “nuwe spelers” na wie Venter verwys, sluit in die senterpaar van Benhard Janse van Rensburg en Dries Swanepoel.

Venter en Nico Lee (Brive, Frankryk) was vir ’n paar seisoene die Vrystaters se senterkombinasie en het ’n skrikbewind in die middelveld gevoer.

“Ek dink Benhard en Dries speel baie goeie rugby, hulle vul mekaar goed aan. ’n Mens kan sien die span is goed afgerig en hulle twee beïndruk my met hulle spel. Hulle is vir my die senters wat sover uitstaan in die Curriebeker-reeks,” sê Venter.

Hy sê voorts die Vrystaat moet hom nie steur aan die WP se trio Springbokke wat terugkeer vir Saterdag se wedstryd nie.

“Ek het al gesien in die reeks dis somtyds moeilik vir Springbokke om weer in te skakel. Ja, dit gaan moeiliker wees (met Bokke wat terugkeer), maar die Vrystaat moet fokus op wat hy kan doen.

Curriebeker-bepalings

Curriebeker-puntelys

Curriebeker-uitslae

Meer oor:  Vrystaat  |  Wp  |  Francois Venter  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.