Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-SA Skole-kaptein word vermis

Daar is met ’n soektog begin na Muzi Manyike, ’n voormalige kaptein van die Suid-Afrikaanse Skolerugbyspan, wat vermis is.

Dit het Maandag op sosiale media bekend geword dat Manyike (20) reeds langer as ’n week soek is. Hy is ’n oudhoofseun van die Jeppe High School for Boys in Johannesburg, en het die Goue Leeus in 2017 en 2018 in die Cravenweek-toernooi verteenwoordig.

Muzi Manyike in aksie vir die Suid-Afrikaanse Skolespan in 2018 in ’n wedstryd teen Engeland in Kaapstad. Foto: Gallo Images

Manyike se agent, Kobus Porter van In Touch Sports, het bevestig dat hy vermis is en dat sy ouers private ondersoekers gekry het om hom te probeer opspoor.

’n Blink toekoms word vir Manyike, wat meestal senter in die langer weergawe van die spel speel, voorspel. Hy was vanjaar by die Goue Leeus gekontrakteer. Volgens ’n woordvoerder van dié unie sou sy kontrak op 31 Oktober met die Johannesburgers verstryk het, maar is hy op sy eie aandrang vroeër daarvan vrygestel.

Hy is veronderstel om hom op 1 Januarie by die nasionale sewes-akademie in Stellenbosch aan te sluit.

Marius Schoeman, hoëprestasiebestuurder van sewesrugby by die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, sê hy het twee weke gelede nog met Manyike gepraat.

“Ek het hom gevra of hy nie vroeër wil kom nie, maar hy het gesê dat hy ’n paar persoonlike dinge het wat hy moet uitsorteer. Hy het nie uitgewei oor wat fout is nie.”

Manyike het die Suid-Afrikaanse Skolespan in 2018 by geleentheid aangevoer. Hy was ook deel van die SA o.19-span wat laat in 2019 na Georgië getoer het ter voorbereiding vir die o.20-Wêreldtoernooi in 2020.

Hy is bedrewe in die korter weergawe van die spel en het tevore ook vir die SA o.18-sewesspan uitgedraf.

Meer oor:  Vermis  |  Muzi Manyike  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.