Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-kapteins Pivac se luitenante
Stephen JonesFoto: Getty Images
Jonathan HumphreysFoto: Getty Images

Die voormalige Walliese kapteins Stephen Jones en Jonathan Humphreys is op die Rooi Drake se afrigtingspan aangestel wat ná volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi die leisels gaan neem.

Dié duo sal as hulpafrigters ’n nuwe era vir Walliese rugby saam met Wayne Pivac (aangewese hoofafrigter) binnegaan.

“Ek is baie bly oor die aankondiging. Ons kry twee uiters ervare Walliese afrigters in ons bestuurspan,” sê Pivac.

“Die WRU is toekomsgerig in sy beplanning en aanstellings vir ná die WB-toernooi. Dit het my in staat gestel om die afrigters te kry wat ek wou hê.”

Jones het in ’n loopbaan van 13 jaar as speler 104 keer vir Wallis gespeel voor sy uittrede in 2013. Hy was ’n aanvalsafrigter by Wasps voordat hy as agterlynafrigter onder Pivac se vlerk by die Scarlets gewerk het.

Hulle gaan baie ervaring, opwinding en geesdrif na hul rolle bring.
Wayne Pivac

Humphreys, wat 35 toetse vir die Drake gespeel het, het al vir die Ospreys, Skotland en Glasgow Warriors as ’n voorspeler-afrigter gewerk.

“Daar is nie net hoë agting vir wat Stephen en Jonathan as spelers vermag het nie, maar ook vir hul afrigting. Hulle gaan baie ervaring, opwinding en geesdrif na hul rolle bring,” sê Pivac. – Reuters

Meer oor:  Cardiff  |  Wallis  |  Toetsrugby  |  Rooi Drake  |  Afrigter  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.