Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Kavalier brei nou VS se welpies
Henley du Plessis in sy speeldae vir die Boland. Foto: Gallo Images

Henley du Plessis, voormalige losvoorspeler van die Boland-Kavaliers, is ná ’n draai in Kenia as die nuwe hoofbreier van die Vrystaatse o.20-rugbyspan aangestel.

Die 44-jarige Du Plessis neem die leisels oor by Izak van der Westhuizen, wat die seniors se nuwe voorspeler-breier is.

Van der Westhuizen, ook ’n voormalige Vrystaat-slot, is gedurende die Curriebeker-reeks by die Cheetahs betrek nadat dit rugbaar geword het dat Corniel van Zyl sy loopbaan by London Irish gaan voortsit.

Du Plessis het die Kavaliers se voorspelers van 2016 tot 2018 bygestaan. Hy het die Keniaanse klub Kabras Sugar van 2018 tot 2020 afgerig.
Meer oor:  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.