Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Leeu Fabian voortaan by Arende

Fabian Booysen, losvoorspeler van die Leeus, het ’n nuwe rugbytuiste in George gekry.

Fabian Booysen bemeester ’n bal vir die Goue Leeus vroeër vanjaar teen die Haaie in Durban. Foto: Gallo Images

Booysen (25) gaan voortaan sy rugby vir die Suidwestelike Distrikte (SWD) speel, nadat sy kontrak met die Goue Leeus nie in November hernu is nie.

Booysen is een van ’n handvol opwindende spelers, wat ’n paar Varsitybeker-spelers insluit, wat in 2018 vir SWD gaan uitdraf.

Die unie kon ook die dienste van Alshaun Bock, wat vir die Kings in die Pro14-reeks en vir die Oostelike Provinsie in die Eerste Liga uitgedraf, bekom. Hy het voorheen vir die Arende gespeel. Hy sal eers ná afloop van die Pro14-seisoen hom in George aanmeld.

Divan Nel, heelagter, wat die afgelope seisoen vir die Boland uitgedraf het, sal ook voortaan sy rugby in George speel.

Die haker Leroux Baard van die Universiteit van Johannesburg en die Pukke-stut Dewald Dekker gaan ná 2018 se Varsitybeker-reeks hulle ook by die Arende aansluit.

Baard het SWD se Cravenweek-span in 2014 aangevoer, terwyl Dekker self in 2011 dié span verteenwoordig het. Albei is oudleerlinge van die Hoërskool Outeniqua in George.

Martin du Toit in aksie vir die Kings.Foto: Gallo Images

Ruben Schoeman, wat op slot vir die Shimlas uitgedraf het, en die slot/losvoorspeler Nicolaas Immelman, wat Curriebeker-rugby vir die Vrystaat gespeel het, word ook Arende.

Rynhard van As, afrigter, het ook bevestig dat die losskakel Martin du Toit, wat aan die Kings geleen is, hom ná die Pro14-seisoen weer by die Arende gaan aansluit.

“Ek dink ons het ’n goeie mengsel van ervaring en jeug in ons groep. Ons het probeer om jong spelers te lok om ’n nuwe kultuur te vestig.

“Dis belangrik om mikpunte te hê, ons s’n is om die uitspeelronde van die SuperSport-uitdaagreeks te haal en ook om in die eindstryd van die Eerste Liga te speel,” sê Van As.

Die Arende het nou ’n blaaskans en hervat hul voorbereiding op 8 Januarie.

SWD se oefengroep:
Voorspelers: Teunis Nieuwoudt, Luxolo Koza, Basil Short, Dewald Dekker, Denver Pienaar, Leroux Baard, Jacques Vermaak, Wiehan Hay, Cornell Hess, Ruben Schoeman, Anton Smit, Janneman Stander, Freginald Africa, Nicolaas Immelman, Fabian Booysen, Wayne Wilschut. Agterspelers: Johan Steyn, Dillin Snel, Aiden Josephs, Robbie Petzer, Martin du Toit, Marlo van Niekerk, Tyler Fisher, Kirsten Heyns, Adri Jacobs, Alshaun Bock, Marlo Weich, Divan Nel, Leighton Eksteen, Leegan Moos.

Meer oor:  Leeus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.