Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Leeu met kolonkanker gediagnoseer
Tom Smith in aksie vir die Britse en Ierse Leeus teen ’n vyftiental van die Oostelike Provinsie in 1997 in Port Elizabeth. Foto: Getty Images

Die voormalige Skotse rugbyspeler, Tom Smith, is met kanker gediagnoseer.

Die 47-jarige Smith, ’n gewese voorryman en Skotse kaptein wat deesdae in Frankryk woon, het vroeër vanjaar uitgevind dat hy kolonkanker het.

Smith het 61 keer vir die Skotte gespeel en was ook lid van die Britse en Ierse Leeus se span wat in 1997 in Suid-Afrika getoer en die toetsreeks met 2-1 gewen het.

Smith het 61 keer vir die Skotte gespeel en was ook lid van die Britse en Ierse Leeus se span wat in 1997 in Suid-Afrika getoer en die toetsreeks met 2-1 gewen het.

Volgens ’n verklaring op die webblad van die Skotse Rugbyunie het die kanker in sy kolon begin en na sy lewer en brein versprei.

Smith het chemoterapie ondergaan en is tans besig met bestraling. Hy het aan hospitaalpersoneel gesê hy is vasbeslote om teen die kanker te “veg”.

Gregor Townsend, tans afrigter van Skotland, wat Smith se spanmaat in 1997 by die Leeus was, beskou sy oud-spanmaat as ’n uitstaande speler in sy speeldae – iets wat hom in sy stryd teen kanker kan help.

“Vir my is Tom die mees uitstaande Skotse speler van die beroepsera en ek is seker rugbyondersteuners oor die wêreld heen sal hom en sy familie in hierdie moeilike tyd ondersteun,” sê Townsend. – Sportredaksie

Meer oor:  Tom Smith  |  Skotland  |  Toetsspeler  |  Britse En Ierse Leeus  |  Kanker  |  Stut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.