Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-Leeu Van Rooyen word dalk ’n Bul
Jacques van Rooyen, wat die laaste paar seisoene vir Bath in Engeland in die voorry gesak het, word dalk ’n Bul. Foto: Getty Images

Die voormalige stut van die Leeus Jacques van Rooyen kan die Bulle se diepte in die voorry aanvul sou hy ’n mediese toets slaag.

Van Rooyen, wat sedert sy Ellispark-dae in Bath in Engeland en in Japan gaan draai het, het hom Maandag by die Bulle aangemeld, sê Edgar Rathbone, uitvoerende hoof van die Bulle.

“Hy het nie op die oomblik ’n kontrak nie en ons sal hom beslis vanweë sy Superrugby-ervaring en veelsydigheid aan al albei kante van die skrum oorweeg.

“Ons moet hom eers toets om te kyk hoe sy kondisionering en fiksheid daar uitsien,” sê Rathbone.

Ons moet hom eers toets om te kyk hoe sy kondisionering en fiksheid daar uitsien.
Edgar Rathbone

Van Rooyen (33), ’n oudpolisieman van Pretoria, was ’n lid van Johan Ackermann se gedugte agttal by die Leeus voordat hy in 2018 na Bath is.

Die Bulle het intussen Maandag sonder die Bok-aanwins Marcel van der Merwe begin oefen.

Marcel van der Merwe

Dié Springbok-vaskopstut, wat ná vier seisoene in Frankryk na Loftus terugkeer, is weens die Covid-19-reisbeperkings steeds in die VSA gestrand.

Rathbone sê hulle probeer vir hom ’n vlug Suid-Afrika toe reël.

Van der Merwe, wat vir Toulon gespeel het, het ’n enkeloperasie ondergaan en Rathbone sê dit is onseker wat sy terugkeer-prognose is.

“Hy sal waarskynlik tussen vier en ses weke uit wees, maar ons sal eers regtig weet wanneer hy in Pretoria aankom.”

Buiten die Bokstutte Trevor Nyakane en Lizo Gqoboka, is Simphiwe Matanzima, Dayan van der Westhuizen, Gerhard Steenekamp en Mornay Smith die ander stutte in die Bulle-groep.

Wiehahn Herbst se skuif van die Bulle na die Leeus is verlede week bevestig.

Rathbone sê hulle wil die span se diepte in die posisie met ’n ervare speler soos Van Rooyen aanvul, aangesien Nyakane en Gqoboka hulle straks later vanjaar by die Springbokke kan aanmeld.

Die Bulle soek ervare stutte, wat met die jong hakers soos Johan Grobbelaar en Schalk Erasmus kan kombineer.

Die Bulle soek ervare stutte, wat met die jong hakers soos Johan Grobbelaar en Schalk Erasmus kan kombineer.

Jaco Visagie, wat vanjaar in die nr. 2-trui verkies is voordat die Superreeks afgelas is, het ook intussen ’n Leeu geword.

Daar is intussen nog geen aanduiding wie die skrumafrigter Daan Human, wat in Jacques Nienaber se Springbok-afrigtingspan aangestel is, by die Bulle sal vervang nie.

Jake White het Russell Winter in Mei as die span se voorspelerbreier aangestel, maar dit is onseker of hy ook vir die skrumwerk verantwoordelik sal wees.

Daar was in ’n stadium sprake dat die oud-Bokstut CJ van der Linde vir die taak oorweeg word.

Meer oor:  Edgar Rathbone  |  Jacques Van Rooyen  |  Pretoria  |  Bath  |  Johannesburg  |  Stut  |  Rugby  |  Leeus  |  Ellispark  |  Bulle  |  Premierliga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.