Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Thomas oor ‘seksualiteit’ aangeval
Gareth Thomas in aksie in ’n toets in 2007 teen Argentinië in Cardiff. Foto: Getty Images

’n Voormalige Walliese strydros, wat die afgelope naweek weens sy seksuele oriëntasie aangeval is, het besluit om nie ’n klag teen sy aanvaller aanhangig te maak nie.

Die 44-jarige Gareth Thomas, wat Wallis in sy speeldae verteenwoordig en aangevoer het, was een van die eerste top-rugbyspelers ter wêreld wat bekend gemaak het dat hy gay is.

Hy het in 2009, nadat sy huwelik met Jemma Thomas op die rotse geloop het, dié onthulling gemaak.

Thomas het die naweek ’n video op Twitter geplaas waar gesien kan word dat sy gesig ná die aanval Vrydagaand in Cardiff, die Walliese hoofstad, vol kneusplekke is.

“Ek was gisteraand in my tuisstad die slagoffer van ’n haatmisdaad weens my seksualiteit.

“Ek wil die polisie bedank, wat my toegelaat het om regstellende geregtigheid aan die mense wat dit aan my gedoen het toe te pas, omdat ek glo dat hulle meer op die manier kan leer,” sê Thomas.

“Ek wil ook die mense van Cardiff bedank wat my ondersteun, omdat daar baie mense daar buite is wat ons wil skade aandoen. Maar, ongelukkig vir diegene, is daar baie mense daar buite wat ons wil help om heling te kry. Dus hoop ek dat hierdie ’n positiewe boodskap sal wees.”

’n 16-jarige, wat nie identifiseer kan word nie, het intussen verskoning vir die aanval gevra.

Thomas, ’n veelsydige agterspeler, het in 100 toetse vir Wallis gespeel en het ook drie toetse vir die Britse en Ierse Leeus op sy kerfstok. – Sportredaksie, Reuter

Meer oor:  Gareth Thomas  |  Wallis  |  Cardiff  |  Aanranding  |  Gay  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.