Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-spelers: Skenk jou brein vir navorsing

Oud-rugbyspelers in Nieu-Seeland is gevra om hul breine te skenk vir navorsing wanneer hulle sterf, as deel van ’n studie wat die langtermyn-effek van harsingskudding en kopbeserings in kontaksport ondersoek.

Ben Afeaki sê sy brein kan maar ná sy afsterwe vir navorsing gebruik word. Foto: Getty Images

Die Sentrum vir Breinnavorsing (CBR) by die Universiteit van Auckland het die inisiatief Vrydag van stapel gestuur en sê hy is opsoek na sportmanne wat aan sportsoorte soos rugby, sokker en boks deelgeneem het. Selfs al het hulle nooit harsingskudding onder lede gehad nie.

Kopbeserings is ’n reuse kopseer in Nieu-Seeland en volgens gesondheidsowerhede is meer as 20% van alle breinbeserings in dié land as gevolg van kontaksport.

Net in 2018 alleen is meer as 9 000 gevalle van harsingskudding by mense onder die ouderdom van 19 in Nieu-Seeland aangemeld.

“Om die aspek van sportbeserings by sy bestaande navorsing in te sluit, gee die CBR ’n belangrike stap vorentoe om die inpak wat sportbeserings op die brein het te verstaan,” sê die sentrum in ’n verklaring.

Verskeie hoëprofiel rugbyspelers in Nieu-Seeland soos James Broadhurst en Ben Afeaki en die Wallaby Toby Smith is in onlangse jare gedwing om hul stewels weens die uitwerking van kopbeserings vroeër weg te bêre. Ook in Suid-Afrika het die voormalige veelsydige Springbok-agterspeler Patrick Lambie in Januarie 2019 sy uittrede weens herhaalde harsingskudding aangekondig.

Die 31-jarige Afeaki, wat die All Blacks in een toets verteenwoordig het, het Vrydag gesê hy is gewillig om sy brein te skenk as hy te sterwe kom. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Harsingskudding  |  Navorsing  |  Breinbesering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.