Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oud-stut nou Haaie se rugbybaas

Eduard Coetzee sal in September by Gary Teichmann as die uitvoerende hoof van die Haaie oorneem.

Die Haaie se raad het Coetzee se aanstelling reeds goedgekeur.

Coetzee is van November 2015 af die Haaie se operasionele hoof en is “grootgemaak” om die volgende uitvoerende hoof te word.

Eduard Coetzee Foto: Gallo Images

Die 39-jarige voormalige voorryman het in 2011 as ’n speler by die Franse klubspan Biarritz uitgetree. Voor dit het Coetzee vir die Bulle, Haaie en Bayonne geskrum.

Hy het ná sy speeldae by Ikeys en die Universiteit van KwaZulu-Natal gestudeer.

Teichmann, ’n voormalige Springbok-kaptein, het in 2016 tot die administrasie van rugby toegetree toe hy die beleërde John Smit as uitvoerende hoof op Kingspark vervang het.

Teichmann (52) se kontrak van drie jaar verstryk in September. Hy sal daarna in ’n raadgewende hoedanigheid by die Haaie betrokke bly.

Teichmann is weg van die rugbyveld ’n gerekende sakeman en is al langer as 20 jaar die eienaar van Teichmann Civils – ’n maatskappy wat masjinerie vir die konstruksie-, padbou- en grondverskuiwingsbedryf in Afrika verskaf.

Hy sal sy salaris weer heeltyds in sy onderneming verdien.

Hy het destyds met sy aanstelling beklemtoon dat hy nie om geldelike redes by die Haaie betrokke raak nie, maar eerder oor sy passie en liefde vir die unie.

Hy het destyds met sy aanstelling beklemtoon dat hy nie om geldelike redes by die Haaie betrokke raak nie, maar eerder oor sy passie en liefde vir die unie.

Teichmann sal voordat hy sy kantoordeur by Kingspark toetrek, wil verseker dat die Haaie Cell C se kontrak as hul hoofborg verleng. Rapport verneem daar word vordering met die onderhandelinge gemaak.

Cell C se borgskap loop einde vanjaar tot ’n einde nadat hulle van 1 Januarie 2014 die hoofborg van die Durbanse span was.

Gary Teichmann, die nuwe uitvoerende hoof van die Haaie. Foto: Gallo Images

Nog ’n belangrike saak wat Teichmann wil afhandel voordat Coetzee oorneem, is om sekerheid oor Robert du Preez se toekoms as die Haaie se hoofafrigter te verkry.

Teichmann-hulle is tans besig met Du Preez se hersieningsproses. Du Preez sal onder druk wees aangesien hy na ’n skrywer as ’n kokkerot verwys het en afrigters soos Braam van Straa­ten na die Kings en Ricardo Loubscher na Stade Français is.

Die Haaie is egter volgens Rapport se inligting nie in ’n geldelike posisie om Du Preez ’n goue handdruk te gee nie.

Du Preez het boonop nog einde verlede jaar die Curriebeker gewen en vanjaar tot die uitkloprondes van die Superreeks deurgedring. Hy moes toe sonder vyf eerstekeuse-voorspelers in Beast Mtawarira, Akker van der Merwe, Ruan Botha, Philip van der Walt en Jean-Luc du Preez teen die Brumbies klaarkom.

Die Haaie het die afgelope week aangekondig dat Sean Everitt vanjaar die Currie­beker-leisels by Du Preez as hoofafrigter oorneem. Dit was egter nooit die plan dat Everitt vanjaar al die Curriebekerspan afrig nie.

Du Preez se kontrak met die Haaie verstryk eers aan die einde van volgende jaar.

Meer oor:  Haaie  |  Gary Teichmann  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.