Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oupa dalk verlore vir Cheetahs

Die datum 1 September 2018 was moontlik die laaste keer dat die Springbok-flank Oupa Mohoje in ’n Cheetah-trui gesien is.

Sy kontrak verstryk einde Mei en daar was nog geen gesprekke tussen hom en die Vrystaatse Rugbyunie nie. Hy sê daar is ook nog geen aanbiedinge van ander spanne nie.

Oupa Mohoje, hier in die Curriebeker-wedstryd teen die Westelike Provinsie op Nuweland in Kaapstad. Dit was presies sewe dae voor die kniebesering wat van hom vir 18 maande ’n toeskouer gemaak het. Foto: Gallo Images

Mohoje (29) was in daardie Pro14-wedstryd teen Munster in Limerick net 13 minute op die veld toe hy ’n kniebesering opgedoen het. Hy was sedertdien nog nooit weer op die veld nie.

Met die onbepaalde opskorting van die Pro14-reeks weens die Covid-19-pandemie, is dit ook onwaarskynlik dat Mohoje weer in ’n Cheetah- of Vrystaat-trui in aksie gesien sal word.

Die ironie is dat hy intussen 100% herstel het ná ’n tweede terugslag aan die begin van die jaar wat tot ’n kleiner knieoperasie gelei het.

Maar nou word daar geen rugby gespeel nie.

“Die virus het my nogal erg benadeel, want nou dat ek reg is om te speel, kan ek nie.

“Soos sake staan, weet ons nie wat met die Pro14-reeks gaan gebeur nie en my kontrak met die Cheetahs verstryk aan die einde van Mei.

“Die virus (uitbreking daarvan) kom op ’n baie ongeleë tyd, want ek sou wou wys dat ek weer reg is vir mededingende rugby,” sê Mohoje.

Hy is nes sy spanmaats platgeslaan dat die Pro14-reeks tot ’n halt geroep is. Hy sê die drie agtereenvolgende tuiswedstryde wat gespeel sou gewees het, sou hulle ’n hupstoot gegee het in hul soeke na ’n plek in die uitspeelwedstryde.

“Ons sou beslis opgeskuif het op die punteleer. Die Cheetahs het hulle nog altyd beter van hul taak gekwyt in Bloemfontein en dis jammer dat ons weens die uitbreking van die virus nie meer verder sal kan speel nie,” sê Mohoje.

Hy het intussen steeds drome om weer vir die Springbokke te speel nadat sy langtermynbesering hom ook buite rekening vir die 2019 Wêreldbeker-toernooi in Japan gelaat het.

Wanneer hy weer op die veld is, sal hy alles in sy vermoë doen om weer die peil te bereik wat van hom ’n Springbok gemaak het.

“Dit gaan ek beslis doen wanneer ook al ons weer begin speel,” sê Mohoje.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.