Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oupa hoop nie operasie is nodig

Oupa Mohojé, Springbok-flank van die Cheetahs, hoop dat hy nie nog ’n operasie moet ondergaan nie.

Oupa MohojéFoto: Gallo Images

’n Skandering is Woensdag gedoen nadat hy gedurende oefeninge ongemak verduur het van sy regterknie wat hom al langer as ’n jaar langs die kantlyn hou.

“Ek sal eers môre (Donderdag) meer duidelikheid hê,” sê Mohojé.

Die voormalige kaptein sê dit is baie frustrerend om so lank nie te kan speel nie.

Die 29-jarige Mohojé het in September 2018 in die Cheetahs se eerste Pro14-wedstryd van die seisoen

teen Munster in Ierland kruisligamente in sy knie geskeur. Hy het daarna ’n operasie ondergaan.

“Ek het ná ons oefeninge ongemak in my knie ervaar en dit het ook geswel. Hopelik is ’n operasie nie nodig nie.”

Die Cheetahs se volgende wedstryde in die Pro14-reeks is die twee plaaslike derbies teen die Southerns Kings.

Die eerste van die twee wedstryde is op 25 Januarie in Port Elizabeth, waarna die Kings na Bloemfontein vir die herontmoeting op 1 Februarie sal reis.

Die Kings se stut Pieter Scholtz is intussen ná sy rooikaart in die Pro14-wedstryd teen Edinburgh vir vier weke geskors.

Hy het die reg om intussen te appelleer teen die bevinding wat in ’n tugverhoor via ’n video-konferensie gemaak is.

Scholtz is aan die begin van die jaar in die 13de minuut van die Kings se wedstryd teen Edinburgh op Murrayfield afgestuur nadat hy met ’n dryflopie die tuisspan se flank John Barclay met sy elmboog in die gesig getref het.

Die Skotse klub het die wedstryd met 61-13 gewen.

Die tugkomitee van Wallis – Rhian Williams, Simon Thomas en Nigel Williams – het Dinsdag in Neath vergader nadat die skeidsregter van die wedstryd, Joy Neville, hom ’n rooikaart vir die oortreding gewys het.

Scholtz se vorige optredes is as versagting in ag geneem.

Die stut sal op 17 Februarie weer oorweeg kan word.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Cheetahs  |  Pro14-Reeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.