Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Cheetahs se Oupa Mohoje in IRP se raad

Die een oomblik het hy nog wakker gelê oor ’n kontrak en die volgende oomblik is die Cheetahs se Springbok-flank Oupa Mohoje ’n lid van die Internasionale Rugbyspelers se raad (IRP).

Oupa Mohoje | Foto: Gallo Images

Mohoje is deur Mandisi Tshonti (bestuurder van spelersake by MyPlayers) en Eugene Henning (uitvoerende hoof van MyPlayers) benoem om in die raad te dien.

Die 29-jarige Mohoje is die tweede Suid-Afrikaanse speler, ná die gewese Springbok-kaptein en senter Jean de Villiers, wat dié eer te beurt val.

De Villiers is sedert die begin van die jaar ’n lid van die raad.

“Dis ’n groot eer en voorreg en ek kan dit steeds nie glo nie. Om te dink ek het nie lank gelede nie nog sonder ’n kontrak gesit en gewonder of ek weer rugby wou speel, en nou dit.

“God werk wondere. Maar, dis ook deur Mandisi en Eugene se toedoen dat ek by die IRP beland het, so baie dankie ook aan hulle,” sê Mohoje.

Wat die werksaamhede van die IRP betref, sê Mohoje, wil hy nie net Suid-Afrikaanse spelers nie, maar elke beroepsrugbyspeler wêreldwyd, verteenwoordig.

“Ek wil toesien dat spelers die beste moontlike werkstoestande het, dat daar behoorlik aandag gegee word aan spelers se welstand en in besonder harsingskudding en hoe dit hanteer word.

“Ek verneem die grootkoppe in beheer maak juis werk daarvan om harsingskudding onder rugbyspelers ’n prioriteit te maak en dit is verblydend.”

Mohoje sê weens die Covid-19-pandemie is dit nog nie duidelik wanneer die raad bymekaar gaan kom nie, maar hy is opgewonde om as ’n raadslid van ’n baie belangrike organisasie te dien.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Irp  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.