Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oupa oorgehaal vir Pro14-buiging

Die Springbok-flank Oupa Mohoje kan Vrydagaand in die Cheetahs se Pro14-wedstryd teen Leinster vanaf die plaasvervangerbank sy terugkeer tot die rugbyveld maak.

Oupa Mohoje kan Vrydag in Bloemfontein sy eerste verskyning in die Pro14-reeks teen Leinster maak. Foto: Gallo Images

Mohoje (27) het op 19 Augustus voor die Curriebeker-wedstryd teen die Blou Bulle in Pretoria tydens opwarming sy ribbes beseer. Hy het vir 21 minute met die besering gespeel voordat hy vervang is.

Hy het nou daarvan herstel en is deel die Cheetahs-afrigter, Rory Duncan, se planne.

“Oupa sal beslis oorweeg word,” sê Duncan, wat sy span Donderdag kies. “ ’n Speler van sy kaliber in die kompetisie gaan baie waarde toevoeg tot die span. Dit is lekker om hom uiteindelik terug te hê.

“Dit het goed gegaan in ons oefeninge vandeesweek en hopelik kan ons hom Saterdag lank op die veld sien.”

Die Cheetah-stut Aranos Coetzee het hom Dinsdag weens ’n elmboogbesering aan die groep onttrek en is deur Luan de Bruin vervang.

De Bruin het ook onlangs eers teruggekeer nadat hy vir agt maande van ’n rugbesering herstel het.

Nog ’n losskakel, Niel Marais, wat verlede maand ’n skoueroperasie ondergaan het, het vandeesweek in die gimnasium begin oefen.

Goeie nuus is dat die losskakel Fred Zeilinga Maandag weer saam met die vergrote Cheetah-groep begin oefen het ná ’n heupoperasie verlede maand.

Hy het eenkant saam met die fisioterapeut JP du Toit geslyp. Vroeë aanduidings is dat hy binne vier weke sy terugkeer kan maak as alles volgens plan verloop.

Nog ’n losskakel, Niel Marais, wat verlede maand ’n skoueroperasie ondergaan het, het vandeesweek in die gimnasium begin oefen. Hy sal eers in Januarie reg wees.

Jeremy Jordaan verlede maand in die pienk trui van die Pumas in ’n Curriebeker-stryd teen die Vrystaat-Cheetahs. Hy kan dalk Vrydag vir die Vrystaters uitdraf in hul kragmeting met die Pumas. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat-Cheetahs se kaptein, Chris Dry, wat hom verlede week in die Cheetahs se 23-tal bevind het, sal hom Vrydag weer vir Curriebeker-diens aanmeld.

Die Vrystaat en die Pumas pak mekaar om 17:30 in die hoofvoorwedstryd vir die Pro14-stryd om 20:00 tussen die Cheetahs en Leinster.

Die heelagter Clayton Blommetjies, haker Joseph Dweba, skrumskakel Zee Mkhabela en senter Ali Mgijima (wat almal in die Pro14-toergroep was) kan deur die Vrystaat-breier, Daan Human, ingespan word.

Dié span word Woensdag aangekondig.

Jeremy Jordaan (26), ’n gebore en getoë Bloemfonteiner wat slot vir die Pumas gespeel het, het hom intussen tot die einde van die Curriebeker-reeks by die Vrystaat as leenspeler aangesluit.

Hy gaan beslis Vrydag in Bloemfontein deur Human teen sy ou spanmaats ingespan word.

“Ek dink dit sal dom wees as ons hom nie gebruik nie. Ons moet net seker maak dat hy al die lynstaantekens en bewegings ken. Ons het hom so bietjie vir bietjie touwys gemaak en ek dink sy fisieke teenwoordigheid kan dalk vir ons baie beteken,” sê Human.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.