Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oupa voer Cheetahs dié seisoen aan

Die Springbok Oupa Mohoje word die komende seisoen die eerste swart speler om as die Cheetahs se kaptein vir ’n hele rugbyseisoen aangewys te word.

Oupa Mohoje verlede seisoen in aksie teen die Ospreys in die Pro14-reeks. Foto: Getty Images

Mohoje (27) wat die Springbokke reeds in 19 toetse verteenwoordig het, is ’n boorling van QwaQwa en het aan die Hoër Tegniese Skool Louis Botha in Bloemfontein gematrikuleer.

Hy is ewe tuis aan die kant van die skrum as op slot is en is geen onbekende met die rol van kaptein nie. Hy het die Cheetahs al by geleentheid en die SA A-span teen die Engelse Saxons in 2016 aangevoer. In 2013 het hy die Shimlas in die Varsitybeker-reeks aangevoer en is ook daardie jaar as die speler van die reeks aangewys.

Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs, sê Mohoje is ’n skitterende leier wat nie net respek afdwing nie, maar ook deur die spelers aanvaar word.

“Oupa is ons oorkoepelende kaptein vir die seisoen. Hy gaan die span in die Pro14-reeks op die veld lei en indien hy in die Curriebeker-reeks speel ook daar die kaptein wees,” sê Verster.

Jerry Segwaba, president van die unie, sê dit is ’n voorreg om Mohoje met die span se leierskap toe te vertrou.

“Oupa was nog altyd lojaal teenoor die Cheetahs en verstaan die kultuur van die span. Sy bloed is beslis oranje.

“Hy beskik oor die nodige vaardighede om die span met sukses aan te voer,” sê Segwaba.

Vir Franco Smith, afrigter van die Cheetahs, is Mohoje die toonbeeld van iemand wat bereid is om hard te werk.

“Oupa is ’n harde werker wat die beste wil wees en nie op sy louere rus nie. Hy is een van die meer ervare spelers in die groep en het by die regte leiers geleer.”

* Die Cheetahs se eerste wedstryd van die nuwe Pro14-seisoen is op 1 September teen Munster in Ierland.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Pro14  |  Cheetahs  |  Curriebeker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.