Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Oupa weet Woensdag wat sy lot is

Die Cheetahs se kaptein in die Pro14-rugbyreeks, Oupa Mohoje, sal Woensdag weet of sy seisoen verby is nadat hy Saterdag sy knie in die span se eerste wedstryd teen Munster beseer het.

Oupa Mohoje sal Woensdag in Bloemfontein ’n skandering ondergaan om die erns van sy kniebesering vas te stel. Foto: Gallo Images

Mohoje is op pad terug na Suid-Afrika. Hy het onderweg na Bloemfontein laat weet dat hy in die stadium net weet dit is ’n ligamentbesering. Hoe ernstig dit is, kan hy nog nie sê nie.

Hy ondergaan Woensdag ’n skandering in Bloemfontein.

“Ons weet net dis ligamente (wat beseer is). Die skandering Woensdag sal wys presies hoe erg dit is,” sê Mohoje.

Indien hy net sy ligament verrek het, behoort hy nie té lank op die krukkelys te wees nie, maar as dit geskeur het, kan hy vir langer as ses maande ’n toeskouer wees.

Dit sal ’n groot terugslag vir Mohoje se planne wees hom weer in aanmerking vir die Springbok-span te kom, veral met die Wêreldbeker-toernooi volgende jaar in Japan.

Mohoje se plaasvervanger, Gerhard Olivier, word eers Woensdagmiddag by die Cheetahs in Swansea verwag, waar hulle die Ospreys Saterdag in hul tweede Pro14-stryd van die seisoen pak.

Hy kan straks as plaasvervanger ingespan word.

Junior Pokomela op flank en Jasper Wiese op agtsteman was die lostrio saam met Mohoje in die eerste Pro14-wedstryd. Aidon Davis is die ander losvoorspeler op toer. Hy het Mohoje Saterdag in Limerick vervang.

Volgens Franco Smith, die Cheetahs se afrigter, is niemand buiten Mohoje teen Munster beseer nie.

Hy sê hoewel die telling teen die Ierse span (0-38) baie sleg gelyk het, was daar tog positiewe aspekte wat hulle uit die wedstryd kon neem en gebruik in hulle voorbereiding vir die Ospreys.

* Die Ospreys het intussen ook ’n terugslag beleef. Hul losskakel Luke Price sal tot minstens Januarie uit aksie wees met ’n gebreekte been.

Hy het dié besering opgedoen in Saterdag se oorwinning van 17-13 oor Edinburgh in Swansea.

Meer oor:  Oupa Mohoje  |  Besering  |  Pro14  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.