Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Outoppie Donald terug by Chiefs

Stephen Donald mag dalk ’n effens vergete voormalige All Black wees, maar hy is deur die Chiefs nadergetrek vir die Superrugby-seisoen.

Stephen Donald in 2017 in aksie vir die Counties Manuka in Hamilton, Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Dié 35-jarige losskakel, wat die laaste paar seisoene meestal in Japan gespeel het, moet Tiaan Falcon se skoene volstaan wat ’n hakskeenbesering opgedoen het, berig stuff.co.nz.

Donald, wat in 24 toetse vir Nieu-Seeland tussen 2008 en 2011 gespeel het, het bekendheid verwerf toe hy die wenpunte in die Wêreldbeker-eindstryd van 2011 teen Frankryk aangeteken het.

Hy het reeds Maandag saam met die Chiefs in Hamilton voorberei vir hul eerste wedstryd in vanjaar se reeks Vrydag teen die Highlanders.

Donald is natuurlik nie ’n onbekende by die klub nie, hy het immers tot 2017 vir hulle gespeel, maar hy is nie verseker van ’n plek in die beginspan nie, aangesien Damian McKenzie die gunsteling is om die nr.10-trui te dra.

“Ons het ’n bietjie rondgekyk en hy (Donald) was gretig om hier te speel. Daar is gevoel dat ons ’n meer ervare losskakel nodig het.

“Hy is soos nog ’n afrigter. Ons sal sy werklading bestuur, maar met sy kennis en passie vir die Chiefs was dit voor die hand liggend om hom terug te bring,” sê Cooper.

Donald het die Chiefs in meer as 100 wedstryde verteenwoordig. – Sportredaksie

Meer oor:  Stephen Donald  |  Damian Mckenzie  |  Superrugby  |  Chiefs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.