Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Owens blaas fluitjie vir Bokke teen Hane

Die ervare Wallieser Nigel Owens (47) sal Saterdag in Parys die skeidsregter wees in die rugbytoets tussen Frankryk en Suid-Afrika.

Nigel Owens. Foto: Getty Images

Owens word deur drie skeidsregters van Engeland – Matthew Carley en Tom Foley as assistent-skeidsregters en Rowan Kitt as die TV-skeidsregter – bygestaan.

Owens, die wêreld se voorste toetsskeidsregter, het in September laas die fluitjie in ’n Springbok-toets vasgehou, toe Rassie Erasmus se span die All Blacks in Wellington ore aangesit het.

Hy was ook in beheer van die toets in 2017 waarin die All Blacks die Springbokke in Albany met 57-0 afgeransel het.

Owens het reeds meer as 80 toetse agter sy naam.

– Sportredaksie

Meer oor:  Nigel Owens  |  Frankryk  |  Skeidsregter  |  Blaser  |  Bokke  |  Jaareindtoer  |  Springbokke  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.