Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Ox in wedloop teen tyd om GW te pak
WEASFDG
Die Vrystaat-Cheetahs-stut Ox Nche. Foto: Gallo Images

Die Vrystaat-Cheetahs het goeie nuus oor die Springbok-stut Ox Nche se dyspierbesering ontvang.

Die 23-jarige Nche het Maandag ’n dokter besoek en hy lyk oorgehaal vir Saterdag se Curriebeker-derby teen Griekwas in Bloemfontein.

Dis goeie nuus vir die Vrystaters, want Nche was een van hul uitblinkers in hul goeie oorwinning Vrydagaand oor die Blou Bulle in Pretoria.

Hy het die aanslag gelei en die Bulle opgekeil in die skrums.

Die Vrystaters se afrigter, Franco Smith, het bevestig dat Nche die maksimum tyd toegelaat sal word om sy fiksheid te bewys voordat enige besluit geneem sal word.

“Ox lyk goed en hy behoort te kan speel. Ons gaan hom so lank as wat nodig is gee om te herstel,” sê Smith.

Ox lyk goed en hy behoort te kan speel. Ons gaan hom so lank as wat nodig is gee om te herstel.
Franco Smith

Ná die vertoning teen die Bulle op Loftus Versfeld behoort daar nie te veel getorring te word aan die 23-tal nie.

“Dis nog te vroeg, ek gaan nie nou al daaraan dink hoe die span gaan lyk nie,” sê Smith.

Griekwas het verlede jaar se ooreenstemmende stryd met 52-24 in Kimberley gewen.

Die spoedvraat Duncan Saal is op pad na die Cheetahs.Foto: Gallo Images

Die Vrystaatse Rugbyunie het Maandag bevestig dat nóg ’n speler van die Maties se seëvierende Varsitybeker-span van 2019, die vlugvoetige Duncan Saal, op pad na die Cheetahs is.

Hy het ’n kontrak van twee jaar gesluit.

Saal (23) is een van vier Matie-spelers wat onder die Cheetahs se nuwe Pro14-breier, Hawies Fourie, gespeel het wat na die franchise kom.

Die unie se hoëprestasiebestuurder, MJ Smith, wat ook verantwoordelik is vir kontraktering, sê daar word ook met die veelsydige agterspeler Craig Barry, wat reeds sy Pro14-rugby vir die Cheetahs gespeel het, onderhandel.

Saal en Barry is tans by die Westelike Provinsie en hulle sal beslis ’n inspuiting vir die Cheetahs se agterlyn wees.

“Duncan het in die Varsitybeker-reeks gewys hy is ’n speler wat kan afrond en ons verwelkom sy koms. Hy word hoog aangeslaan deur die WP en hy is beslis ’n speler vir die toekoms,” sê Smith.

Duncan het in die Varsitybeker-reeks gewys hy is ’n speler wat kan afrond en ons verwelkom sy koms.
Franco Smith

Soos sake staan, sê Smith, is daar ’n tekort aan buiteagterspelers by die Cheetahs en daarom sal dit ’n hupstoot wees, sou Barry, wat goed vertroud is met die strukture van die Cheetahs, hom weer by hulle kan aansluit.

Met die aankondiging verlede week dat die veelsydige agterspeler van die Haaie, Rhyno Smith, hom ook ná die Curriebeker-reeks by sy “ou” span gaan aansluit, sal dit beteken dat Fourie sal kan kies en keur uit agterspelers wat oor hope vaart beskik in sy eerste Pro14-seisoen.

* Die Springbok-skrumskakel Ruan Pienaar sluit hom na verwagting later vandeesweek by die Vrystaat aan.

Meer oor:  Ox Nche  |  Bloemfontein  |  Curriebeker  |  Rugby  |  Stut  |  Besering  |  Cheetahs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.