Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pablo van bul tot nul weens twiets

Pablo Matera, kaptein van Argentinië se rugbyspan, was verlede maand ’n held in sy land en is nou ’n skurk nadat die rassistiese uitlatings wat hy glo jare gelede op sosiale media gemaak het, op die lappe gekom het.

Die Argentynse Rugbyunie (UAR) het Dinsdag aangekondig Matera is summier van die Poemas se kapteinskap gestroop en saam met sy spanmaats Guido Petti en Santiago Socino geskors weens “diskriminerende en xenofobiese” twiets, wat hulle tussen 2011 en 2013 gemaak het.

Pablo Matera, kaptein van die Argentynse Poemas, het summier die trekpas gekry. Foto: Getty Images

Matera het die Poemas onlangs aangevoer toe hulle ’n geskiedkundige eerste sege oor die All Blacks behaal het in die Drienasies-reeks in Australië.

Hy het in reaksie gesê hy is baie skaam en vra verskoning vir die mense wat hy beledig het weens die “barbaarse” inskrywings.

“Ek het in daardie stadium nooit gedink aan wie ek sou word nie.

“Vandag moet ek rekenskap gee vir dit wat ek nege jaar gelede gesê het. Ek moet ook aan my familie en spanmaats, wat weens my optrede deur ’n moeilike tyd gaan, verskoning aanbied.”

Argentinië het Saterdag in die herontmoeting met Nieu-Seeland met 0-38 verloor in Newcastle.

Matera het ná die nederlaag in ’n video op Twitter jammer gesê aan ondersteuners wat die Poemas gekritiseer het dat hulle nie genoeg gedoen het om hulde te bring aan die land se sokker-ikoon Diego Maradona voor die afskop nie.

Matera se uitlatings destyds op Twitter het toe in reaksie aan die lig gekom.

Die Argentynse Rugbyunie verwerp die diskriminerende en xenofobiese uitlatings deur lede van die Poemas-groep op sosiale media,

Die opskudding het die Argentynse toergroep in chaos gedompel slegs dae voor die Poemas se laaste Drienasies-toets Saterdag teen die Wallabies in Sydney.

Die Argentynse Rugbyunie (UAR) sê sy raad het ’n dringende vergadering belê nadat aantygings gemaak is dat bogenoemde spelers tussen 2011 en 2013 rassistiese uitlatings op sosiale media gemaak het.

“Die Argentynse Rugbyunie verwerp die diskriminerende en xenofobiese uitlatings deur lede van die Poemas-groep op sosiale media,” sê die UAR in ’n verklaring.

“Hoewel dié boodskappe tussen 2011 en 2013 gedeel is en nie die persoonlike integriteit wat die spelers nou toon verteenwoordig nie, veroordeel die Argentynse Rugbyunie enige uitsprake van haat.

“Ons beskou dit as onaanvaarbaar dat diegene wat dit uitgespreek het, ons land verteenwoordig.”

Matera het intussen sy Twitter-profiel uitgewis, maar ander publikasies beweer in van die opspraakwekkende twiets het hy onder meer rassistiese twiets oor swart mense gemaak en ook neerhalend na mense van Bolivia en Paraguay verwys.

Toe die 27-jarige Matera die twiets gemaak het in 2012, het hy vir Argentinië se junior spanne gespeel en ook vir die land se Pampas-vyftiental in Suid-Afrika gespeel.

Die UAR het gevra dat voorstelle aan sy raad gemaak moet word vir ’n nuwe kaptein. – Reuters en Sportredaksie

Meer oor:  Argentinië  |  Xenofobie  |  Drienasies  |  Pablo Matera  |  Rassisme  |  Poemas  |  Twiets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.