Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Paige in Bulle se groep vir 2018-seisoen
Rudy Paige is een van die nr.9's in die Bulle se groep. Foto: Gallo Images

Die werkesel-flank van die Pumas, Thembelani Bholi, en die vaskopstut Frans van Wyk, wat vanjaar vir die Westelike Provinsie uitgedraf het, is die enigste aanwinste in die Bulle se voorlopige Superrugby-groep.

John Mitchell, die Bulle se hoof van rugby en hul Superrugby-hoofafrigter, het ’n voorlopige groep van 65 spelers aangewys.

Die Bok-skrumskakel Rudy Paige se naam verskyn wel in die groep nadat daar onlangs bespiegel is dat hy aanstaande seisoen vir die Leeus gaan speel.

Dit is interessant dat die losskakel Francois Brummer een van die senters in die groep is.

Dit is interessant dat die losskakel Francois Brummer een van die senters in die groep is, terwyl die senter Franco Naudé een van die buite-agterspelers is.

Xander Janse van Rensburg, die Blou Bulle Maatskappy (BBM) se hoëprestasiebestuurder, sê hulle sien uit na dit wat Bholi en Van Wyk die span kan bied.

“Bholi was strykdeur uitstaande vir die Pumas in die Curriebeker-reeks, terwyl goeie vaskopstutte ’n groot skaarste in Suid-Afrikaanse rugby is. Ons meen albei spelers is goeie kopies.”

Jan Serfontein, Piet van Zyl, Tian Schoeman, Arno Botha en Renaldo Bothma tel onder die spelers wat nie in 2018 weer vir die Bulle Superrugby sal speel nie.

Jason Jenkins, RG Snyman, Jacques Potgieter, Nic de Jager en Burger Odendaal speel in Japan en sal eers in Januarie by die groep aansluit.

John Mitchell

Mitchell sê die mengsel van ervaring en opkomende talent maak hom baie opgewonde.

“Almal sien daarna uit om die voorseisoen te begin. Die spelers weet niemand is seker van ’n plek in die beginspan nie.

“Elkeen moet ’n bydrae lewer en sal baie hard moet werk.”

* Die Bulle gaan drie opwarmstryde speel ter voorbereiding van hul Superrugby-veldtog.

Twee spanne van die Bulle gaan op 27 Januarie teen onderskeidelik die Leeus in Johannesburg en die Haaie in Polokwane speel.

Op 3 Februarie sal Mitchell se span in Los Angeles in die VSA teen die Stormers speel.

Die Bulle se vergrote groep:

Buite-agterspelers: Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jamba Ulengo, Duncan Matthews, Jade Stighling, Franco Naudé, Divan Rossouw, Andell Loubser.

Senters: Jesse Kriel, Dries Swanepoel, Johnny Kotze, Ulrich Beyers, Stedman Gans, Burger Odendaal, JT Jackson.

Losskakels: Handré Pollard, Marnitz Boshoff, Manie Libbok, Tony Jantjies, Tinus de Beer.

Skrumskakels: Ivan van Zyl, André Warner, Embrose Papier, Theo Maree, Rudy Paige.

Losvoorspelers: Roelof Smit, Jacques Potgieter, Hanro Liebenberg, Ruan Steenkamp, Jannes Kirsten, Nic de Jager, Hendré Stassen, Marco van Staden, Tim Agaba, Thembelani Bholi, Shaun Adendorff, Boom Prinsloo, Denzil Hill, Eduan Lubbe, Jaco Bezuidenhout, Kwezi Mafu, Ryno Pieterse.

Slotte: Jason Jenkins, RG Snyman, Lood de Jager, Aston Fortuin, Ruben van Heerden, Eli Snyman, Abongile Nonkontwana.

Stutte: Pierre Schoeman, Trevor Nyakane, Lizo Gqoboka, Conraad van Vuuren, John-Roy Jenkinson, Frans van Wyk, Mox Mxoli, Matthys Basson, Gerhard Steenekamp.

Hakers: Jaco Visagie, Adriaan Strauss, Edgar Marutlulle, Johan Grobbelaar, Jan-Henning Campher, Corniel Els.

Meer oor:  John Mitchell  |  Pretoria  |  Loftus Versfeld  |  Bulle  |  Afrigter  |  Bbm  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.