Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Blou Bulle se Rudy Paige word 'n Leeu

Rudy Paige, die Springbok-skrumskakel van die Blou Bulle, gaan oor die Jukskeirivier trek om Ellispark sy nuwe rugbytuiste te maak.

Paige is deur die Leeus geïdentifiseer as die aangewese plaasvervanger vir Faf de Klerk, wat vroeër vanjaar vort is om oorsee te speel.

Rudy Paige, 'n Springbok-skrumskakel, vir die Bulle in aksie. Foto: Gallo Images

De Klerk het hom ná die Superrugby-reeks by die Engelse Premierliga-span Sale Sharks aangesluit. Dit is dieselfde klub wat op die oomblik hard vry na die Leeus-senter Rohan Janse van Rensburg en Burger Odendaal.

Die Leeus het die afgelope tyd wyd na ’n plaasvervanger vir De Klerk gesoek. Selfs die voormalige All Black Andy Ellis se naam is op Ellispark bespreek as ’n skrumskakel wat goeie diepte in dié posisie aan die Leeus se Superrugby-groep sal gee.

Ross Cronjé is as die Springbok-skrumskakel die Leeus se eerstekeuse-skrumskakel, terwyl Marco Jansen van Vuren sterk op die voorgrond getree het. Die Leeus kan Dillon Smit ook op nege oorweeg.

Paige sal met sy skuif na Johannesburg nie vrees dat hy minder speelkans as in Pretoria sal kry nie. Dis duidelik dat Ivan van Zyl nou die Bulle se eerstekeuse-skrumskakel onder John Mitchell as afrigter is. André Warner klop ook hard aan die deur om speelkans te kry.

Boonop probeer die Bulle om Stefan Ungerer, skrumskakel van die Pumas, na Pretoria te lok, nadat Piet van Zyl vroeër bevestig het dat hy ná die Curriebeker-reeks uit plaaslike rugby tree.

De Klerk is Vrydagaand as die Speler van die Wedstryd in die gelykopstryd van 20-20 teen Toulouse aangewys.

* Die voormalige Leeus-afrigter Johan Ackermann, wat daarin belangstel om Franco ­Mostert vir Gloucester te kontrakteer, het glo reeds die haker van die Haaie, Franco Marais, vir sy Engelse klubspan gewerf. Marais speel die seisoen uitstekende rugby.

* Die Blou Bulle het hul vaskopspens aangevul deur die Westelike Provinsie se Frans van Wyk te kontrakteer. Die voormalige Jong Bok-stut sal broodnodige diepte op vaskopstut bied.

* Die Cheetahs sal aan twee van hul Pro14-sterre, Torsten van Jaarsveld en Henco Venter, wil vasklou. Hulle is albei in die Leeus se visier.

Meer oor:  Rudy Paige  |  Leeus  |  Superrugby-Reeks  |  Blou Bulle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.