Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Pandemie kan Eddie Jones tot R4 miljoen kos

Eddie Jones sal na verwagting ’n aansienlike kleiner salaris kry om in beheer van Engeland se nasionale rugbyspan te wees.

Jones, tesame met talle ander topbestuurslede by Twickenham, sal meer as 25% minder betaal word vir tot soveel as drie maande terwyl geld gedurende die Covid-19-pandemie beperk is.

Eddie Jones. Foto: Getty Images

Die gebore Australiër is die hoogs betaalde internasionale breier in rugby. Hy verdien sowat R15,8 miljoen per jaar.

Jones het Engeland verlede jaar gebrei tot die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi, waar hulle met 32-12 teen Suid-Afrika vasgeval het.

Sy huidige kontrak verval volgende jaar en asem word reeds opgehou om te kyk of Engeland se rugbyunie (RFU) die voormalige afrigter van Australië en Japan se kontrak tot die Wêreldbekertoernooi in 2023 in Frankryk sal verleng.

Engeland se rugbyunie het Woensdag aangekondig dat hy verwag om binne die volgende 18 maande sowat £50 miljoen te verloor weens die effek wat die afstel van wedstryde as gevolg van die koronavirus op die land se ekonomie gaan hê.

“Eddie Jones en die unie se uitvoerende span se salarisse sal met meer as 25% gesny word,” lui ’n verklaring deur die RFU.

“Die RFU is in konsultasie met kollegas en die wyer afrigtingspan oor ’n tydelike vermindering van hul salarisse vir drie maande.”

Bill Sweeney, uitvoerende hoof van die RFU, sê dat Eddie Jones nie ’n oomblik gehuiwer het om in te stem nie.

“Eddie is tans oorsee en toe ek hom gekontak het oor die voorgestelde salarisvermindering, het hy onmiddellik ingestem.” – Sport24

Meer oor:  Rfu  |  Salarisverminderings  |  Salarisse  |  Eddie Jones  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.