Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Papier in Faf se tokse by Sale Sharks

Embrose Papier gaan ná sy Springbok-teleurstelling kop skoonmaak in Engeland.

Embrose Papier

Die 22-jarige skrumskakel van die Bulle sal hom vandag of vroeg volgende week vir drie maande by Faf de Klerk se Engelse klubspan, Sale Sharks, aansluit.

Papier het verlede jaar sy toetsbuiging gemaak en in sewe toetse onder Rassie Erasmus as Bok-afrigter gespeel.

Papier is egter nog nie vanjaar deur Erasmus betrek nie.

Herschel Jantjies en Cobus Reinach het Papier met hul goeie spel vir onderskeidelik die Stormers en Northampton Saints uit die Bok-groep gedruk.

’n Korttermynkontrak met Sale Sharks is net tot Papier se voordeel.

Hy sal baie in die Europese speeltoestande en onder ’n ander afrigter leer.

Dié oudleerling van die Hoërskool Garsfontein in Pretoria sal met onbekende teenstanders te doen kry en saam met nuwe spanmaats speel.

In die geval van ’n besering aan De Klerk, Jantjies of Reinach tydens die Wêreldbeker, sal Erasmus ook bewus wees dat Papier in Engeland speel en wedstrydskerp is.

Papier kry in Engeland inderwaarheid die kans om ’n nuwe blaadjie om te slaan en sy selfvertroue te herwin

Nog ’n Bok-skrumskakel wat tydens die Wêreldbeker in Japan sy rugby oorsee sal speel, is Louis Schreuder, wat ’n kontrak van drie maande met die Franse klub Toulon gesluit het.

Meer oor:  Bulle  |  Sale Sharks  |  Faf De Klerk  |  Embrose Papier  |  Springbok  |  Skrumskakel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.