Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skrumskakels Papier, Ivan kry koue skouer

Rassie Erasmus gaan geen pasella-kaartjies vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi uitdeel nie.

CARDIFF, WALES - NOVEMBER 19: Ivan van Zyl during
Ivan van Zyl, tydens 'n oefening van die Springbokke laat in 2018. Foto: Getty Images

Die Springbok-breier is nie tevrede met die spelpeil van die twee Bulle Embrose Papier en Ivan van Zyl in vanjaar se Superrugby-toernooi nie en hy het hulle dié week nie na die Springbokke se belyningskamp in Pretoria genooi nie.

Hulle was twee van die skrumskakels wat nog einde verlede jaar in die Bok-toergroep na Europa was.

Voordat die Superreeks afgeskop het, het die Bok-afrigter dit duidelik gemaak dat die enigste pad na die Wêreldbeker is om jouself van die ander spelers in jou posisie te onderskei.

Vir Papier, wat tot voor dié week as ’n seker keuse vir die Wêreldbekergroep beskou is, sal dit ’n wrede ontnugtering én yslike wekroep wees. Van Zyl sal self verbaas wees, hoewel hy eerder as ’n belegging vir 2023 se Wêreldbeker beskou word.

Rassie Erasmus / Foto: Getty Images

Faf de Klerk is Erasmus se voorkeur-skrumskakel.

Oorsese skrumskakels soos Cobus Reinach en Francois Hougaard is ook sterk aanspraakmakers op ’n plek in die Bok-span. Reinach speel al geruime tyd goeie rugby vir North­ampton Saints en verdien ’n kans.

Ross Cronjé, Louis Schreuder, Shaun Venter en Herschel Jantjies is van die ander plaaslike skrumskakel wat onder meer in aanmerking kan kom.

  • Lood de Jager, die beseerde kaptein van die Bulle, is ook nie na die Bokke se belyningskamp genooi nie.

Beserings staan tussen hom en ’n plek in die Wêreldbekerspan – veral omdat daar strawwe mededinging op slot is met sterk aanspraakmakers soos Eben Etzebeth, RG Snyman en Franco Mostert. Pieter-Steph du Toit kan ook in ’n noodgeval op slot gekies word.

De Jager was voor sy skouerbesering kookwater vir die Bulle, maar word al ’n ruk deur beserings geteister.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.