Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Paspoort kasty Willemse se Franse droom

Die Suid-Afrikaner Paul Willemse het nie ’n Franse paspoort nie en sal dus nog ’n rukkie langer moet droom oor sy eerste wedstryd vir Frankryk se nasionale rugbyspan.

Die slot Paul Willemse in aksie vir Montpellier. Sy droom van ’n debuut vir die Franse Hane is Woensdag verydel. Foto: Getty Images

Willemse, ’n voormalige slot van die Leeus en Bulle wat nou vir Montpellier speel, en die Fidjiaanse vleuel Alivereti Raka is nie ingesluit in die Hane se groep vir hul November-toetse nie. Hulle is meegedeel dat hulle eers in aanmerking sal kom sodra hulle Franse paspoorte het.

Albei die mans het aansoek gedoen om Franse burgerskap, maar die proses is nog nie afgehandel nie. Hulle het gehoop hulle sal reeds vandeesweek nuwe paspoorte hê.

“Die aansoek (om burgerskap) wys reeds dat jy ’n Fransman wil wees – dis ’n goeie ding. Maar as jy nie die paspoort het nie, is jy nie Frans nie,” het Bernard Laporte, president van die Franse Rugbyfederasie (FFR) aan AFP gesê.

Laporte, ’n voormalige nasionale afrigter, het aanvanklik geskop teen die idee van spelers wat nie in Frankryk gebore is nie, in die Franse span nadat hy die FFR se leisels in 2016 geneem het.

Hy het egter in Mei ’n U-draai gemaak. Daarmee het hy die deur geopen vir spelers soos Raka en Willemse om te volg in die voetspore van Pieter de Villiers en Brian Liebenberg, Suid-Afrikaners wat tussen 2000 en 2007 vir die Hane gespeel het.

Raka (25), wat die afgelope drie jaar vir Clermont speel, het geen Fidjiaanse span op internasionale vlak verteenwoordig nie, maar Willemse (25) was in die Suid-Afrikaanse o.20-span wat in 2012 die Junior Wêreldbeker gewen het.

Hulle het albei gehoop om in November swaarde met spanne van hul geboorteland te kruis.

Frankryk sal Suid-Afrika (10 November), Argentinië (17 November) en Fidji (24 November) in hul jaareindtoetse pak.

Die Franse groep:

Voorspelers: Jefferson Poirot, Danny Priso, Guilhem Guirado, Camille Chat, Julien Marchand, Uini Atonio, Demba Bamba, Cedate Gomes Sa, Yoann Maestri, Sebastien Vahaamahina, Paul Gabrillagues, Wenceslas Lauret, Bernard le Roux, Louis Picamoles, Arthur Iturria , Mathieu Babillot, Kelian Galletier.

Agterspelers: Morgan Parra, Antoine Dupont, Baptiste Serin, Camille Lopez, Anthony Belleau, Geoffrey Doumayrou, Wesley Fofana, Mathieu Bastareaud, Gael Fickou, Remi Lamerat, Damian Penaud, Teddy Thomas, Maxime Mdard, Benjamin Fall. – Sportredaksie, AFP

Meer oor:  Frankryk  |  Bokke  |  Paul Willemse  |  Jaareindtoer  |  Toetsrugby  |  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.