Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Paul Roos gasheer vir skolefees
Die 2019 Wêreld-skolerugbyfees sal in Stellenbosch deur Paul Roos Gimansium aangebied word.

Die Wêreld-skolerugbyfees sal in 2019 van die Paarl na Stellenbosch skuif waar die Springbok-fabriek Paul Roos Gimnasium as die nuwe gasheer sal optree.

Die eerste weergawe van die toernooi, waar tien van Suid-Afrika se voorste skole teen tien oorsese spanne te staan gekom het, is deur die Hoër Jongenskool Paarl se breier, Sean Erasmus, begin en het vanjaar groot belangstelling ontlok.

Dit was veral die Suid-Afrikaanse spanne wat groot indruk gemaak en in meeste gevalle yslike tellings teen die besoekende spanne opgestapel het.

Van die 20 wedstryde is 18 deur SA skole gewen, met ’n gemiddelde telling van 51-15.

Die 2019-weergawe, wat van 25 tot 30 Maart gehou sal word, sal dieselfde formaat volg, met die besoekers wat hopelik meer van ’n uitdaging sal bied.

Hoewel die spanne wat gaan deelneem nog gefinaliseer moet word, glo die voormalige Springbok-breier Heyneke Meyer die toernooi sal groei en ’n jaarlikse hoogtepunt op die rugbykalender word.

“Ek is opgewonde om te sien hoe volgende jaar se Wêreld-skolerugbyfees ontwikkel,” het Meyer Vrydag in ’n verklaring gesê.

Dit het ook al die ongelooflike talent wat ons in Suid-Afrika het, ten toon gestel.
Heyneke Meyer

“Ons het die toernooi begin, want ons het gevoel dit kan ’n verskil maak en ons het in die Paarl gesien watter invloed dit het. Dit het ook al die ongelooflike talent wat ons in Suid-Afrika het, ten toon gestel.”

Volgens Meyer was die eerste toernooi ’n groot sukses en het meeste van die buitelandse spanne reeds aangedui dat hulle weer wil kom.

“Hulle is gretig om deel van die spanne te wees wat die Suid-Afrikaanse skole kan uitdaag,” het Meyer bygevoeg.

Paul Roos Gimnasium se rektor, André van Staden, is self opgewonde oor die geleentheid om die gasheer in 2019 te wees.

Ross Braude, skrumskakel en kaptein van Grey-kollege se eerste rugbyspan, wys hakskene vir ’n speler van Hartpury College van Engeland by die Wêreld-skolerugbyfees vroeër vanjaar.Foto: Gallo Image

“Ons is trots om die tweede weergawe van hierdie opwindende rugbyfees aan te bied en sien uit daarna om van die wêreld se belowendste rugbyspelers te verwelkom by Paul Roos Gimnasium,” sê Van Staden.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool (Affies), Boland Landbou, Glenwood High School, Grey-kollege, Hilton College, die Hoër Jongenskool, die Hoërskool Monument, Oakdale Landbou, die Hoërskool Outeniqua en Paarl Gimnasium was die plaaslike skole wat vanjaar deelgeneem het.

Paul Roos was nie deel van die eerste toernooi nie en het verkies om eerder sy slag by St. John’s College se Paastoernooi in Johannesburg te wys.

Meer oor:  Heyneke Meyer  |  Paarl  |  Pretoria  |  Stellenbosch  |  Wêreld-Skolerugbyfees  |  Rugby  |  Affies  |  Skolerugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.