Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Paul Roos terug by Wildeklawer-toernooi
Ronin Daniels, senter van Paul Roos Gimnasium, in Julie in aksie teen Wynberg Boys’ High School. Foto: Gallo Images

Paul Roos Gimnasium se rugbyspan sal in 2020 weer by die Wildeklawer-toernooi in Kimberley in aksie wees, nadat hy die afgelope jaar s’n misgeloop het.

Die Stellenbossers vervang Hoërskool Transvalia, terwyl die ander 19 skole wat in 2019 in aksie was, almal weer deelneem.

Paul Roos het vanjaar weens sy deelname aan Sanix se Wêreldjeugtoernooi in Japan nie in die Diamantstad aangetree nie.

Volgende jaar se toernooi sal van 24-27 April by die Hoërskool Diamantveld gehou word.

Ryno Combrinck, Paul Roos se hoof van rugby, sê hulle is verheug om weer terug te wees.

“Ons het betyds met Wildeklawer gekommunikeer, omdat dit vir ons belangrik is om daar deel te neem. Dit is baie goeie nuus dat ons weer gaan deelneem – en ons hoop dat ons kan waarde toevoeg. Dit gesê, gaan dit nie maklik wees nie.

“Baie spelers en afrigters kry nie die geleentheid om daar in aksie te wees nie. Die toernooi moet baie naby aan die hoogste vlak van skolerugby in die land wees,” sê Combrinck.

Deelnemende spanne:
Afrikaanse Hoër Seunskool, Boland Landbou, Diamantveld, Hoër Tegniese Skool Drostdy, Framesby, Garsfontein, Glenwood, Grey-­kollege, Helpmekaar-­kollege, Hoër Jongenskool Paarl, Menlopark, Monument, Noord­-Kaap, Oakdale Landbou, Outeniqua, Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Stellenberg, Waterkloof, Welkom-Gimnasium.


Meer oor:  Kimberley  |  Stellenbosch  |  Rugby  |  Paul Roos Gimnasium  |  Skolerugby  |  Wildeklawer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.