Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Paul Willemse nou Franse burger

Die Springbokke se slotspens het eindelik ’n deurslaggewende rol gespeel in waarom Paul Willemse sak en pak Frankryk toe is.

Paul WillemseFoto: Getty Images

Só het die reusefiguur van 135 kg en 2,01 m Vrydag by ’n mediakonferensie gesê.

Frankryk sal heel moontlik in 2019 op die knoppie van dié gebore Suid-Afrikaner kan druk om hul nasionale rugbyspan meer vleis in die skrums te gee.

“Ek gaan nog ’n lang ruk hier bly,” het hy gesê. “In my kop is ek werklik ’n Fransman.

“Die Springbokke het my nie nodig gehad nie en ek het hulle ook nie nodig nie. My lewe is nou in Frankryk.”

Die oud-Pretorianer en oud-Blou Bul, wat deesdae sy salaris by Montpellier verdien, het Vrydag bevestig dat hy eindelik Franse burgerskap gekry het.

“Ek het my naam gister (Donderdag) in die amptelike joernaal gesien,” het Willemse volgens Rugby365 tydens ’n mediakonferensie in Frankryk gesê.

“Ek is baie bly dat ek nou genaturaliseer is. Ek is nou Frans, selfs al moet ek nog twee of drie weke wag voordat ek my paspoort kan kry. Dis ’n groot oomblik vir my en my familie.”

Die Springbokke het my nie nodig gehad nie en ek het hulle ook nie nodig nie...

Hy was in 2012 deel van die seëvierende Junior Springbokspan, voordat hy in 2014 verhuis het om vir die Franse Top14-span Grenoble uit te draf.

Hy het in 2015 by Montpellier ingeval.

Hy het Vrydag ook aangekondig dat sy kontrak by Montpellier verleng is tot 2022.

Willemse het in 2009 vir Namibië se o.18-Cravenweekspan uitgedraf nadat sy gesin na Tsumeb verhuis het en hy Tsumeb Gimnasium verteenwoordig het.

In 2010 sou hy egter die Goue Leeus se Cravenweek-kleure oor sy kop trek nadat sy gesin na Krugersdorp getrek het en hy sy matriekjaar by die Hoërskool Monument voltooi het.

Willemse het glo reeds die aandag van Jacques Brunel, die Hane se breier, getrek, maar hoewel hy volgens Wêreldrugby se reëls vir Frankryk kan uitdraf mits hy drie jaar daar woonagtig is, het Bernard Laporte, die president van die Franse rugbyunie, in 2016 besluit dat spelers ’n Franse paspoort benodig voordat hulle vir Les Blues mag speel. – Sportredaksie

Meer oor:  Paul Willemse  |  Montpellier  |  Hane
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.