Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Peiling oor All Black-breier skok Kiwi’s

Byna die helfte van Nieu-Seeland se toprugbyspelers glo dié land se rugbyunie (NZR) het gefouteer deur Ian Foster as die nuwe afrigter van die All Blacks aan te wys.

Ian Foster (middel) en sy All Black-afrigtingspan (van links na regs) John Plumtree, Grant Fox, Scott McLeod en Greg Feek. Foto: Getty Images

Die mediamaatskappy NZME het ’n anonieme peiling gedoen van al vyf Superrugby-franchises oor verskeie onderwerpe jeens die toestand van die sport in Nieu-Seeland, insluitende of Foster die regte keuse was om Steve Hansen verlede Desember te vervang.

Die peiling het bevind dat 46% van Superrugbyspelers voel die NZR het met die aanstelling gefouteer, terwyl slegs 28% van mening is die All Black-hulpafrigter van baie jare was die korrekte keuse. Die oorblywende 26% het gesê hulle is gemaklik met Foster maar nie met sy keuse van assistente nie – John Plumtree, Scott McLeod, Greg Feek en Brad Mooar.

Foster was agt jaar lank Hansen se assistent nadat hy destyds vir die Waikato Chiefs gespeel en afgerig het. Hy het kwaai mededinging om die pos van Scott Robertson afgeweer, die eksentrieke breier wat die Canterbury Crusaders na drie Superrugby-titels agtereenvolgens afgerig het.

Robertson het 16% van die spelers se stemme ontvang as die beste afrigter onder wie hulle nog gespeel het, met die voormalige All Black-losskakel Tony Brown, tans ’n hulpafrigter by die Otago Highlanders, wat die meeste stemme op 17% ontvang het.

Die peiling het 40 vrae aan meer as 100 spelers bevat met minstens 15 respondente van elk van Nieu-Seeland se vyf Superrugbyspanne, sê NZME.

Dit het ook bevind 40% van die respondente glo die All Black-losskakel Beauden Barrett is die beste speler in Nieu-Seeland. Ardie Savea, die NZR se Speler van die Jaar in 2019, was tweede met 20%, gevolg deur die brekerslot Brodie Retallick (12%).

Volgens Stuff het die peiling die Kiwi’s se kommer oor die nuwe All Black-afrigtingspan verder ontbloot.

– Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Nzr  |  Toetsrugby  |  Superrugby  |  All Blacks  |  Scott Robertson  |  Ian Foster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.