Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Peperduur slot is White se 1ste tameletjie
Juandré Kruger
Gaan Jake White die peperduur Juandré Kruger behou? Foto: Gallo Images

Bo-aan Jake White se doenlys as hy in sy kantoor by Loftus Vers­feld instap, is of hy Juandré Kruger, een van die Bulle se duurste spelers, gaan behou en of hy plek vir Pote Human in sy bestuurspan het.

Die 34-jarige Kruger is ’n warm patat vir die Bulle nadat Human hom nie vir hul laaste Superrugby-tuiswedstryd teen die Highlanders of vir hul toer na Australasië gekies het nie.

Sy slotmaat, die 29-jarige Andries Ferreira, is saam met hom gepos.

Rapport kon nie vasstel of Kruger, wie se kontrak van twee jaar by die Bulle enigiets tussen R5 miljoen en R7 miljoen beloop, net weens sy spelpeil of oor ander interne redes deur Human weggelaat is nie.

Omdat SA Rugby nie ’n bydrae tot sy kontrak lewer nie, is hy na verneem word die speler wat die grootste hap uit die Bulle se begroting vat.

White stel glo belang in slotte soos Jason Jenkins van Toyota Verblitz, Gloucester se Gerbrandt Grobler en Jacques du Plessis (ook ’n losvoorspeler) van Montpellier.

“Ons kyk beslis na een of twee bykomende slotte,” het Alfons Meyer, uitvoerende hoof van die Bulle, gesê. “Dit hang baie af van wat in Japan of Europa gaan gebeur. Dit lyk my daar is ’n paar ouens wat wil terugkom Suid-Afrika toe.”

White, wat bevestig het dat hy self die Bulle volgende jaar sal afrig en nie net in sy kantoor as hul nuwe direkteur van rugby sal sit nie, moet nog ’n besluit neem of hy Human as die Bulle se huidige hoofafrigter gaan behou.

Human is gewild onder die spelers en White het ’n hoë agting vir hom as afrigter.

“Pote maak einde Oktober klaar, maar Jake kan hom verder betrek as hy wil. Maar die rol moet ooreengekom word,” het Meyer gesê.

Meer oor:  Pote Human  |  Jake White  |  Juandré Kruger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.