Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Petzer tuis ná selfisolasie in VSA

Nadat hy vir tien dae in Colorado, Amerika in selfisolasie was weens die Covid-19-pandemie, kon Robbie Petzer, die voormalige Cheetah-losskakel, uiteindelik Vrydag na Suid-Afrika terugkeer.

Die 24-jarige Petzer speel daar in sy tweede seisoen vir die Colorado Raptors in die Amerikaanse Major League Rugby (MLR). Hy het ’n kwaai verkoue gehad en moes in selfisolasie gaan.

Robbie Petzer stuur ’n strafdoel deur die pale in die Cheetahs se eerste seisoen in die Pro14-reeks teen Munster in Limerick, Ierland. Foto: Gallo Images

Die liga is Donderdag gekanselleer en sal nou eers in 2021 hervat word. Die liga was ten tyde van die onderhoud met Petzer Donderdag, net vir 30 dae opgeskort.

Petzer se meisie wat by hom gekuier het, het Donderdag na Suid-Afrika teruggekeer en op haar vlug was daar sowat 150 oop sitplekke.

“Ons span (Colorado) was aanvanklik vir 15 dae af, maar ons het steeds op ons eie geoefen,” het Petzer laat weet.

Hy sê hulle in Colorado is nie so erg deur die virus geraak soos byvoorbeeld Washington en die ander groot stede nie.

“Die Amerikaners is verskrik paranoïes en dit is heeltemal te verstane. ’n Mens kry nie die nodige goed soos toiletpapier, bevrore kos en blikkieskos of sop te koop nie.

“Goed soos handreiniger en ander kiemdoders is ook heeltemal uitverkoop. Ek verstaan daar word nou ’n poging aangewend om reëls in supermarkte in te stel om te probeer sorg dat almal iets van alles kan kry.”

Petzer sê hy probeer verder van sosiale media af wegbly om nie heeltyd met die negatiewe nuus oor die virus gebombardeer te word nie.

Hulle was egter baie bekommerd oor my omdat ek onlangs verkoue gehad het, maar ek makeer gelukkig niks.

“My familie en van my vriende in Suid-Afrika het hulle laat toets en almal was negatief.

“Hulle was egter baie bekommerd oor my omdat ek onlangs verkoue gehad het, maar ek makeer gelukkig niks,” sê hy.

“Ek hoop en bid dat die virus vinnig deur Suid-Afrika sal waai. Wat my bang maak is die ou mense wat ons wel weens die virus verloor.”

Verder was hy ook bekommerd oor die nuus uit sy geboorteland dat winkels leeg gekoop word en dat mense paniekbevange is en oorreageer.

“Dit veroorsaak dat van ons minderbevoorregte mense sonder baie van die basiese goed moet klaarkom omdat paniekaankope die winkelrakke stroop.”

Hy glo die virus is nie iets wat gevrees moet word nie.

“Ek is nie regtig bang nie, maar ek probeer so veilig moontlik wees en glo as almal dit doen, sal dit help dat die virus nie verder versprei nie.

“As daar gesien word hoe skoon Italië se lug binne net twee weke geword het en ook hoe skoon die lug in China nou is, dan is daar mos hoop.

“Dis egter nou belangrik dat ons almal veilig moet wees, ons hande gereeld te was en so min as moontlik aan ons eie gesigte raak. In Amerika het ons ook veral besige plekke vermy asook plekke wat wegneemetes verkoop het.

“Ek is nie regtig bang nie, maar ek probeer so veilig moontlik wees en glo as almal dit doen, sal dit help dat die virus nie verder versprei nie,” sê Petzer.

* Petzer is een van ’n klomp Suid-Afrikaanse rugbyspelers, onder wie Tendai “Beast” Mtawarira, wat vir Old Glory DC speel, wat in die MLR uitdraf.

Die Stormers se voormalige losskakel Kurt Coleman speel vir ATL en so ook Suid-Afrikaners soos Neethling Gericke, Johan Momsen, Marno Redelinghuys, Stefan Willemse en Ryan Nell.

Nog ’n voormalige Cheetah-losskakel en heelagter, Ryno Eksteen (25), was vanjaar een van die nuwelinge by die Seattle Seawolves.

Hy was verlede jaar by die Suid-Afrikaanse Sewesakademie in Stellenbosch, maar hy het met ’n knaende kniebesering gesukkel en is daar weg voordat hy hom by die Seawolves aangesluit het.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.