Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Skeidsregter Jaco Peyper 100 nie uit nie
Jaco Peyper. Foto: Gallo Images

Die Bloemfonteinse rugbyskeidsregter Jaco Peyper (38) bereik Saterdag nog ’n mylpaal in sy loopbaan wanneer hy in sy 100ste Superrugby-wedstryd die fluitjie blaas.

Hy is in beheer van die Superrugby-wedstryd tussen Waratahs en Crusaders, die huidige kampioen, by die Sydney Cricket Ground in Australië.

Peyper – Suid-Afrika se voorste toets-skeidsregter en mees ervare blaser – se eerste Super-wedstryd was op 8 Mei 2009 – die wedstryd tussen die Leeus en die Highlanders op Ellispark in Johannesburg.

Volgens die rugby statistikus Frikkie van Rensburg, is Saterdag se wedstryd sy 273 ste eersterangse wedstryd.

Peyper het ook reeds die fluitjie in die minder as 45 toetse geblaas. – Sportredaksie

Meer oor:  Skeidsregters  |  Superrugby  |  Superrugby-Reeks  |  Jaco Peyper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.