Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Peyper blaser in groot Sesnasies-stryd
Jaco Peyper sal volgende jaar op Twickenham die blaser wees wanneer Engeland teen Frankryk te staan kom in die Sesnasies-reeks. Foto: Getty Images
Joy Neville sal in twee Sesnasies-wedstryde as die TV-skeidsregter diens doen. Foto: Getty Images

Suid-Afrika se voorste skeidsregter, Jaco Peyper, sal op 13 Maart vir die eerste keer in meer as ’n jaar weer die fluitjie in ’n toets dra.

Peyper, wat nog nie weer oorsee kon reis vir toetse sedert die Covid-19-pandemie toegeslaan het nie, sal die Sesnasies-kragmeting tussen Engeland en Frankryk op Twickenham hanteer.

Sy landgenoot Marius van der Westhuizen is as die TV-skeidsregter vir daardie wedstryd aangewys.

Peyper en Van der Westhuizen sal ’n week later, wanneer Skotland in Edinburg teen Italië te staan kom, weer dieselfde rolle vertolk.

• Een van die wêreld se voorste vroueskeidsregters, Joy Neville, is as die TV-skeidsregter vir twee wedstryde (Engeland teen Skotland en Engeland teen Italië) in volgende jaar se Sesnasies-reeks aangewys.

Die 37-jarige Neville het Ierland in twee Wêreldbeker-toernooie as speler verteenwoordig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.