Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Peyper dra fluitjie in CB-eindstryd

Die ervare skeidsregter Jaco Peyper sal Saterdag op Nuweland sy vierde Curriebeker-eindstryd behartig wanneer die Westelike Provinsie en die Haaie sake om vanjaar se titel uitspook.

Jaco Peyper sal Saterdag op Nuweland die fluitjie in die Curriebeker-eindstryd tussen die WP en die Haaie dra. Foto: Gallo Images

Dié eindstryd sal die 38-jarige Peyper se derde agtereenvolgende wees nadat hy ook die eindstryde in 2016, tussen die Vrystaat-Cheetahs en die Blou Bulle in Bloemfontein, en verlede jaar, tussen die einste Haaie en WP in Durban, behartig het.

AJ Jacobs en Cwengile Jadezweni sal as die assistent-skeidsregters optree, terwyl Shaun Veldsman die televisie-skeidsregter sal wees.

Peyper se eerste Curriebeker-eindstryd was in 2012 in Durban, ook tussen die Haaie en die WP.

Griffin Colby sal die o.19-eindstryd op Nuweland tussen die Blou Bulle en die Haaie behartig, terwyl Ben Crouse die blaser in die eindstryd van die o.21-reeks, tussen die Blou Bulle en die Goue Leeus, sal wees.

Divan Uys en Sindile Ngcese sal die assistente vir albei dié stryde wees, met Pro Legoete as die televisie-skeidsregter.

* André Watson hou die rekord vir die skeidsregter wat in die meeste Curriebeker-eindstryde opgetree het, naamlik sewe.

– Sportredaksie

Meer oor:  Haaie  |  Wp  |  Curriebeker  |  Jaco Peyper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.