Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Peyper, Jonker op Sesnasies-diens
Jaco Peyper. Foto: Gallo Images
Marius Jonker. Foto: Gallo Images

Suid-Afrika se Jaco Peyper en Marius Jonker gaan as wedstrydbeamptes ingespan word in aanstaande jaar se Sesnasies-rugbyreeks.

Peyper is aangestel as skeidsregter vir die wedstryd tussen Wallis en Engeland in Cardiff op 23 Februarie. Jonker gaan in twee wedstryde – Skotland teen Wallis en Wallis teen Ierland – die TV-skeidsregter wees.

Luidens ’n verklaring van Wêreldrugby sal 12 van die 14 skeidsregters in die Sesnasies-reeks vir aanstaande jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan gekeur word.

Die skeidsregters vir die Sesnasies-reeks is: Jerome Garces, Romain Poite, Mathieu Raynal, Pascal Gauzere (almal Frankryk), Wayne Barnes, Luke Pearce, Matthew Carley (almal Engeland), Glen Jackson, Ben O’Keefe, Paul Williams (almal Nieu-Seeland), Nic Berry, Angus Gardner (albei Australië), Nigel Owens (Wallis) en Peyper.

Meer oor:  Blasers  |  Marius Jonker  |  Skeidsregters  |  Sesnasies  |  Jaco Peyper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.