Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Proefreëls moenie rugby sy siel laat verloor

Jaco Peyper, Suid-Afrika se voorste rugbyskeidsregter, sê hy kan verstaan as daar na nuwe reëls gekyk word om die oordrag van die Covid-19-virus op die rugbyveld te bekamp, maar dat dít nie die dinamika van die spel moet verander nie.

Jaco Peyper in gesprek met die televisieskeidsregter tydens ’n groepwedstryd tussen Argentinië en Tonga by verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi in Japan. Foto: Getty Images

Wêreldrugby het onlangs tien opsionele en tydelike proefreëls aangekondig waaronder geen skrumhervattings en verkorte rolmaalbewegings tel.

“Ek het nie ’n alleen ’n mening hieroor nie, ek sit op ’n komitee by SA Rugby, waar ons met Wêreldrugby oor die hierdie soort goed kommunikeer op ’n groter forum.

“Die hoëprestasie-afdeling van SA Rugby en al die ander groot toetslande was dit eens dat ons baie versigtig moet wees dat ons nie die verstellings maak bloot om twee maande vroeër op die rugbyveld te kom, maar dan die wese van rugby verander nie,” sê Peyper.

“Rugby is ’n spel waarvoor ons almal lief is, omdat hy voorsiening maak vir elke soort liggaamsgrootte en so meer, en as ons byvoorbeeld skrums uit rugby gaan haal, dan gaan dit onmiddellik die dinamika beïnvloed van watter soort spelers ons op die veld het.

Ons moet versigtig wees om nie aan die wese van rugby te verander nie; dít wat rugby so spesiaal maak.
Jaco Peyper

“Dan help dit nie meer jy kies voorryspelers nie. Suid-Afrikaanse rugby is juis geseënd met groot, beweeglike voorrye. En as ons rolmaalbewegings uithaal, sal jy ewe skielik ’n speler met ’n ander tipe profiel kies en dan sal rugby in sy wese verander.”

Hy sê dit kan meebring dat jy uiteraard meer flanke op die veld kan sien, meer stadige balle en minder ruimte op die veld sal hê. Hy meen die onbedoelde gevolge van reëlveranderinge moet eers beproef word voordat dit permanent ingestel word.

“Met ’n goeie bedoeling kan jy soms een doelwit bereik, maar drie ander negatiewe nagevolge hê. Ons, op die komitee, voel sterk daaroor dat ons moet terugkeer na die veld die dag as die regering sê dis veilig en ’n lae risiko vir die spelers, afrigters en beamptes om terug te gaan. Dít sal ook in belang van die Bokke wees.”

Peyper het in ’n onlangse radio-onderhoud ook gewaarsku dat jy nie ter wille van ’n vinniger hervatting van rugby die reëls sodanig verander dat dit die kenmerke verloor wat dit in die eerste plek van sportsoorte soos rugbyliga of Australiese voetbal (Aussie Rules) onderskei nie.

“Ons moet versigtig wees om nie aan die wese van rugby te verander nie; dít wat rugby so spesiaal maak. Dat almal, ongeag lengte of gewig die spel kan geniet of ’n rol in die span het – en dís wat rugby van die res onderskei – daar is plek vir almal.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Rugbyreëls  |  Wêreldrugby  |  Covid-19  |  Jaco Peyper  |  Rugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.