Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Phepsi ‘uitgeknip’ vir kapteinsrol

In Durban word daar groot verwagtinge van die jong Phepsi Buthelezi gekoester.

Phepsi Buthelezi, die Haaie se nuwe kaptein. Foto: Gallo Images

Dié 22-jarige agtsteman is as die kaptein aangewys vir die Haaie se Curriebeker-veldtog, wat Saterdag teen Griekwas in Kimberley begin. Die gereelde kaptein, Lukhanyo Am, is weens Springbok-diens onbeskikbaar vir die reeks.

“Phepsi het leiersrolle regdeur sy rugbylewe op skool beklee. Hy was ook die hoofseun van Durban High School en hy het die eerste span met onderskeiding aangevoer,” sê Sean Everitt, die Haaie se hoofafrigter.

Buthelezi het voorheen ook die SA o.20-span aangevoer.

“Hy het by ons o.19-stelsel ingekom en kop en skouers bo die res van die ouens uitgestaan wat volwassenheid en leierskap betref. Hy het die o.19-span uitsonderlik aangevoer en daardie span was onoorwonne onder sy leierskap.

“Hy is ’n leier van die Haaie vir die toekoms. As hy vir lank hier bly, sal hy die Haaie in internasionale reekse aanvoer.

“Ek het voorheen ook vir Jeremy Ward die kapteinskap gegee sodat ons die leiersgroep kan opbou en dit is deel daarvan.”

Buthelezi vorm ’n opwindende lostrio met die steelkantflank Thembelani Bholi en die baljagter James Venter. Bholi was die afgelope Saterdag een van die Haaie se sterspelers in hul Reënboogbeker-nederlaag teen die Bulle.

Agterlangs kry Curwin Bosch ruskans. Boeta Chamberlain sal in sy plek op losskakel begin.

“Ons moet kyk na die welstand van ons senior spelers wat baie gespeel het in die Reënboogbeker-reeks.”

Everitt sê hulle wil die Curriebeker-reeks wen, maar ook diepte bou met die oog op die Verenigde Rugbykampioenskap, waarin die vier SA franchises van September af saam met die Pro14-spanne van Ierland, Wallis, Skotland en Italië gaan speel.

“Ons het ’n Curriebeker-reeks wat voorlê sonder ons Springbokke, maar dit is ’n gulde geleentheid vir van ons jonger spelers,” sê Everitt.

“Ons het teen die Leeus in die Reënboog-reeks gesien hoeveel energie daar op die veld was (toe ons ’n jong span gekies het).”

Hy sê Griekwas sal Saterdag ’n groot uitdaging aan sy span bied.

“Hulle het die naweek ’n goeie wedstryd teen die Cheetahs gehad en hulle geklop. Die kleiner unies wil graag die groter unies klop.

“Hulle is vol vertroue teen ons omdat hulle ons al voorheen ’n paar keer geklop het. Tog het ons goeie vertonings teen hulle gelewer in die laaste paar kragmetings, so ons spelers weet wat om te verwag.

“Hulle het ’n paar ouens wat desperaat is en goeie vertonings wil lewer sodat hulle kontrakte by groter unies kan kry.”

Everitt sê die Haaie moet Griekwas in ’n “hoek vasdruk” en hulle nie toelaat om aan die gang te kom nie.

Haaie: Manie Libbok, Werner Kok, Jeremy Ward, Marius Louw, Anthony Volmink, Boeta Chamberlain, Jaden Hendrikse, Phepsi Buthelezi (k), Thembelani Bholi, James Venter, Hyron Andrews, Ruben van Heerden, Khutha Mchunu, Fez Mbatha, Khwezi Mona. PLAASVERVANGERS: Kerron van Vuuren, Mzamo Majola, Wiehahn Herbst, JJ van der Mescht, Reniel Hugo, Mpilo Gumede, Grant Williams, Marnus Potgieter.

Meer oor:  Haaie  |  Phepsi Buthelezi  |  Curriebeker  |  Griekwas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.