Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Rugby
Philip voel jammer vir Blitsbokke

Elke keer wat die Kaapstad-stadion se paviljoene leeggeloop het, het daar ’n beklemming om die voormalige Blitsbok-kaptein Philip Snyman se hart gekom.

Dié 33-jarige, wat in 2019 sy stewels opgehang het, het vier keer vir die nasionale sewesspan aan die Wêreldreeks-toernooi in die Moederstad deelgeneem.

Die Blitsbokke toe hulle die Kaapstad-sewestoernooi in 2015 gewen het. Foto: Gallo Images

Snyman is om sy herinneringe van dié gewilde toernooi gepols nadat Wêreldrugby vanjaar se skouspel, asook die voorafgaande toernooi in Dubai, weens die Covid-19-pandemie gekanselleer het.

Die Blitsbokke en die Kaapstad-stadion het sommer met die intrapslag ’n goeie verhouding gesmee. In 2015, die eerste keer wat die toernooi in Kaapstad gehou is, is Suid-Afrika as kampioen gekroon.

“Elke jaar sien jy hoe die toeskouers uitstap ná wedstryde om te gaan bier koop of wat ook al, en dan wonder jy of daar meer as 5 000 van hulle in die stadion sal wees wanneer die Blitsbokke speel,” sê Snyman.

“En dan, wanneer ons uitdraf, is die stadion vol, daar is 50 000 toeskouers met vlae wat op hul voete die span ondersteun – dit tesame met die musiek.

Spanwerk. Philip Snyman (regs) en Impi Visser kry ’n Fransman beet gedurende ’n kragmeting in 2018 se toernooi in die Moederstad. Foto: Gallo Images

“Ek dink dit is elke speler se droom om voor sy tuisskare te speel. Dit maak nou nie saak van watter land jy is nie, die oorsese ouens wil ook graag voor hul eie mense speel.

“Dit is so ’n groot opbou soontoe (na die toernooi in die Moederstad). Ons het altyd soveel ondersteuning in Kaapstad en wanneer jy daar is, dan besef jy dit is nou regtig vakansietyd wanneer jy al die mense sien,” sê hy.

Hoewel die Blitsbokke nog nie weer sedert 2015 die toernooi kon wen nie, het hulle in 2019 baie naby daaraan gekom deur in die eindstryd te speel. Toe was Nieu-Seeland net-net te sterk, deur met 7-5 te seëvier.

Die Danie Craven-stadion in Stellenbosch was destyds in 1999 die eerste gasheer vir die Suid-Afrikaanse skof van die sewesreeks – daardie jare was die korter weergawe van die spel nog in sy babaskoene.

Daarna was Durban twee jaar die gasheer, dit is nege keer in George gehou, voordat die Baai vier keer aan die beurt gekom het. In Kaapstad het die Blitsbokke ’n ware bondgenoot gevind, met mense wat hulle jaarliks in hul derduisende agter die span skaar.

Philip Snyman duik oor die doellyn vir die Blitsbokke gedurende ’n wedstryd in 2015 se Kaapstad-toernooi. Foto: Gallo Images

Snyman sê hy voel jammer vir die huidige Blitsbokke omdat hy voel dit is ’n talentvolle groep spelers wat goeie spelpeil gehad het voor die inperking. En dat hulle dalk weer glorie in die Moederstad kon proe.

En watter jaar was sy hoogtepunt?

“Elke jaar was spesiaal, maar ek dink die grootste oomblik was toe ons in die Madiba-hemp (2018) gespeel het. En om daardie jaar toe ons gewen het die nasionale lied voor die volgepakte stadion te sing.”

Meer oor:  Philip Snyman  |  Sewesrugby  |  Kaapstad-Stadion  |  Blitsbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.